#suidooster
'Ek wil mense laat lag'
Hy het as student al die toekennings ingeryg en het naam gemaak in die fliek
Noem My Skollie, maar danksy Suidooster word Gantane Kusch deesdae oral herken.
V
ertel ons meer van jouself: Waar het
jy grootgeword en skoolgegaan? En
ná skool?
Ek het op St. Helenabaai in die Weskus grootge-
word, waar ek ook op laerskool was. Ek het matriek
geskryf aan die Hoërskool Weston op Vredenburg
en daarna eers twee jaar by die New Africa Theatre
Academy gaan studeer voor ek my weg gevind het
na die Universiteit van Kaapstad. Hier het ek in
2013 my dramagraad verwerf.
Hoekom het jy besluit om drama te studeer?
As jong kind het ek besef ek wil eintlik mense laat
lag, en dié begeerte het veral sterker geword toe ek
op ’n dag ’n fliek kyk waarin een karakter, Smokey,
my baie laat lag het. Ek het daar en dan geweet ek
moet die toneelwêreld betree. Hoewel ek tot op
hede eintlik taamlik ernstige rolle vertolk het, is ek
baie lief vir humor.
Jy het verskeie ander talente, onder meer
musiek en dans...
Ek het opleiding in dans en kan onder meer kon-
temporêre dans, Afrika-passies en hip-hop doen.
As dit by musiek kom, skryf ek meer lirieke, want
ek is lief vir dig. Ja, ek skryf graag gedigte en het
ook al ’n toneelstuk of twee geskryf. Deesdae hou
ek boonop my lyf fotograaf.
Vertel meer van jou rol in Suidooster.
8
In Suidooster is ek dr. Siya Thuli, wat ná jare
terugkeer Ruiterbosch toe. My karakter was as
kind veral vriende met die Samsodien- en Octo-
ber-kinders – Siya is dus ’n ou bekende vir hulle.
Hy is ’n goeie ou wat regtig sy medemens wil
help; hy weet ook ’n mens moet
altyd die regte ding doen. Sy
terugkeer Ruiterbosch toe
Lees meer oor
was aanvanklik nie so maklik
Suidooster by
kyknet.dstv.
nie, want kort ná sy aankoms
com/program/
is die geliefde Jerome dood
suidooster
– iets waarvoor Ian October
vir Siya blameer.
Jy was ook te sien in Noem My Skollie.
Wat is jou beste herinnering van dié fliek?
Die verhoudinge wat ek daar gesmee het, was
ongelooflik en ek sal ’n lang pad stap met my
mede-akteurs én die mense agter die skerms. Dit
was lang ure, maar elke dag was ’n seëning.
Wat is die een rol wat jy nog graag wil speel?
’n Marvil-karakter! Want ek wil graag met Iron
Man en die Hulk uithang.
Jy het ook al in die teater gewerk.
Wat verkies jy: teater, film of TV?
Ek hou regtig van al drie, want uit elkeen kry
ek iets anders. Teater is wel die bevredigendste,
want dis onmiddellik – mense komplimenteer
jou spel byvoorbeeld dadelik met applous. Met
flieks gaan dit weer oor nuanses en om subtiel
te wees. Maar, soos my mede-Suidooster-akteur
Jill Levenberg vir my gesê het: Televisiewerk is
die middeweg tussen TV en teater – jy moet die
direkte drama van teater met die subtiele aard
van flieks kombineer.
Herken mense jou op straat?
Ja, ná Skollie het mense my begin herken, maar
met my verskyning in Suidooster is dit net op ’n an-
der vlak. ’n Mens besef aanvanklik nie hoe gewild
Suidooster is nie, maar die reaksie daarop – en
op my rol – is ongelooflik. As ek na my tuisdorp,
St. Helenabaai, gaan, raak die mense mal.
Wat doen jy in jou vrye tyd?
Ek skryf, neem foto’s of sit in my woonstel in
Tuine, Kaapstad, en luister musiek.
Saam met wie sal jy nog graag wil werk?
Plaaslik sal ek graag saam met Illse Roos wil werk,
want toe ek klein was, het ek altyd 7de Laan gekyk
en ek het haar só bewonder omdat sy vir my
beeldskoon is. Wie weet, dalk word die droom
gouer waar as wat ek dink, want sy het mos ook
al ’n draai in Suidooster kom maak.
Suidooster Maandae-Donderdae om 18:00 op kykNET, kanaal 144, en kykNET&KIE, kanaal 145
kykNET | JUNIE 2017