kykNET Junie 2017 - Page 30

Piesangbrood (Uit die dertiende uitgawe, 1985) JY BENODIG • 125 ml (½ koppie) botter of margarien • 250 ml (1 koppie) suiker • 2 eiers • 500 ml (2 koppies) meel • 10 ml (2 teelepels) bakpoeier • 4 tot 6 piesangs • 5 ml (1 teelepel) vanielje-essens • 2,5 ml (½ teelepel) sout SÓ MAAK JY #KookEnGeniet Kook en Geniet OP DIE KASSIE! Jou rak vol kookboeke is nie volledig as daar nie ’n Kook en Geniet staan nie. Nou kry dié legende sy eie program... D it staan bekend as die bybel van die Suid-Afrikaanse kook­kuns en was deur die jare ’n moet in enige bruid se bruid­skat. As jy gewonder het hoe om selfs iets eenvoudigs te doen soos rys kook, het jy Kook en Geniet nader getrek. Sedert die eerste uitgawe in 1951 – wat die skrywer S.J.A. de Villiers self uitgegee het – is meer as ’n miljoen eksemplare al verkoop. Dit is dan byna logies dat dié legendariese boek sy eie TV-program kry. Die aanbieder is Lise Swart (foto bo), en in die 13 episodes van die reeks gaan sy met allerlei mense praat oor hulle eie ervaring met Kook en Geniet – van kos­skrywers tot sjefs, uitgewers en pas­ getroudes, bloggers en kinders wat kook. DIE LANG PAD VAN SUKSES 30 1 Klits die botter en suiker tot dit romerig is. Voeg die vanielje- essens by. 2 Voeg die eiers een vir een by en klits dit goed ná elke byvoeging. 3 Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by. 4 Druk die piesangs goed fyn met ’n vurk en voeg dit die laaste by. 5 Meng alles deeglik saam en gooi dit in ’n klein broodpannetjie wat met vet gesmeer is. 6 Bak dit vir 1 uur in ’n matige oond by 180 ºC. 7  Dien dit op met botter daarop gesmeer. L.W. 1 Die geur van hierdie broodjie sal verbeter as dit ’n paar dae lank in ’n blik bewaar word. 2 Growwe of ongesifte meel kan in plaas van meelblom gebruik word. Vir meer inligting oor Kook en Geniet gaan na kykNET.tv Mev. S.J.A. (Ina) de Villiers het in 1951 self die boek uitgegee omdat sy nie ’n uitgewer kon kry nie. In 1961 het CNA dit begin publiseer en in 1972 het Human & Rousseau, die uitgewer wat dit vandag nog uitgee, oorgeneem. Die Engelse weergawe, Cook and Enjoy It, het in 1961 verskyn. Human & Rousseau het in 1990 die regte gekry om Kook en Geniet te herproduseer, en in 1992 verskyn ’n hersiene uitgawe. Die resepte is almal weer getoets en van hulle aangepas, maar die oorspronklike karakter van die boek is behou. Daarna is ’n nuwe hersiene weergawe in 2009 gepubliseer met die skrywer se dogter, Eunice van der Berg, aan die stuur van sake. Die Engelse titel is toe verander na Cook and Enjoy. Ina de Villiers is op 20 September 2010 in die ouderdom van 91 oorlede. Sedert die eerste uitgawe was Kook en Geniet nog nooit uit druk nie. Kook en Geniet Vanaf 5 Julie om 20:30 op kykNET, kanaal 144 kykNET | JUNIE 2017