kykNET Junie 2017 | Page 28

#classicsisgroot ‘Classics’ is GROTER AS OOIT! #PlaaslikeMusiek Gail se hart klop AFRIKAANS Ná verlede jaar se groot sukses met Classics is Groot is besluit om vanjaar weer so te maak. O p 23 en 24 Junie is dit weer tyd vir Classics is Groot, en as jy gedink het verlede jaar s’n het jou asem weggeslaan, wag net tot jy hoor wat die vervaardigers vir vanjaar se konsert beplan. “Ons maak die betowering en ervaring veel groter,” sê Barry Pretorius, vervaardi- ger en regisseur. “Dis ’n ryk en romerige vermenging van immergroen pop-, rock- en komtemporêre treffers, maar ons bring uiteraard klassieke werk en stukke by vir die fynproewers wat liefhebbers is van klassieke werke met gravitas.” Hy sê die trefkrag van verlede jaar se konsert was enorm, veral toe dit op kykNET uitgesaai is. “Ons het ongeloof- like terugvoer gekry, en dit was genoeg motivering om die konsert vanjaar weer te hou. Die DVD was eweneens gewild en het drie maande onder die top 20 geboer.” Onder die kunstenaars wat gaan optree tel Corlea, Jannie Moolman, Joseph Clark, Touch of Class, Tarryn Lamb van die groep Blackbyrd en Monique Steyn asook die Nederlandse kinderster Amira, die pia­nis Charl du Plessis en die Joburg Ballet Company. Die sangroep Coleske tree ook vir die eerste keer in baie jare weer voor ’n gehoor op. Wat kan mense nog van vanjaar se konsert verwag? “Dink aan daardie hoendervleisoomblik wanneer die kandelaar in Phantom of the Opera uit die stof kom en in die dak van die teater gehys word,” sê Barry. “Of die emosie wat jy sal ervaar wanneer ’n groot 28 groep doedelsakspelers “Amazing Grace” speel terwyl Amira dit sing. Of hoe voel jy oor Elvis Presley se “An American Trilogy”, ’n enorme treffer voor sy dood? Daar is selfs ’n deel van Swanemeer wat deur die Joburg Ballet Company opgevoer gaan word.” Hy sê Classics is Groot is nie noodwen- dig ’n klassieke konsert nie. “Klassieke musiek word wel ten toon gestel en ek dink mense se waardering hiervoor lê juis daarin dat dit die beginpunt is van alle musiekgenres wat ons vandag ken. Enige musiekkenner, musikant of komponis het waardering vir klassieke musiek.” Om die produksie op te voer verg ’n produksiespan van meer as 100 mense. Daar is ook ’n simfonieorkes met 40 spe­ lers, 13 soliste en ’n koor van 22 stemme. Dit bring natuurlik sy eie uitdagings. “Alles van begrotings tot mensever- houdings tot die bestuur van 150 mense se dagboeke,” sê Barry. “Maar uiteindelik is die grootste uitdaging ook ons grootste verantwoordelikheid: die publiek wat betaal om hierdie konsert te ervaar. Elke aspek word oor en oor en tot in die fynste detail deurdink om seker te maak die gehoor kry waarde vir hulle geld.” Die TV-uitsending en DVD het dalk oorweldig positiewe reaksie uitgelok, maar niks kom by die regstreekse konsert nie, sê Barry. “Niks klop daai ongelooflike gevoel wanneer 7 500 mense verskeie kere soos een man opstaan en ’n item toejuig nie. Dis darem maar net magic.” Classics is Groot word op 23 en 24 Junie in die Moreletapark-ouditorium gehou. Kaartjies kos R350-R625 en is beskikbaar by www.ticketpro.co.za kykNET | JUNIE 2017 Corlea Botha (bo), die Nederlandse sangeres Amira (middel) en Joseph Clark (onder) by verlede jaar se Classics is Groot. Hulle is al drie terug vir vanjaar se konsert. By feeste, groot konserte en toekenningsaande sal jy haar altyd sien: die blonde­ kopvrou met ’n spesiale liefde vir Afrikaanse musiek én vir kykNET. Maak kennis met Gail Norton. H aar pa was ’n Ier, haar ma Portugees. Hulle huis­- taal was Engels, maar as jy vir Gail Norton vra wat haar hart warm laat klop, antwoord sy vinnig: Afrikaanse musiek. “Ons het saam met my Portugese grootouers op hulle plaas oos van Johannesburg gewoon en was die enigstes in die familie wat Engels gepraat het,” vertel Gail. “Ek het egter Afrikaanse mense se gasvryheid, goedhartigheid en veral hulle ‘gees’ op ’n jong ouderdom leer ken.” In 1970, ná haar egskeiding, het sy en haar kinders KwaZu- lu-Natal toe getrek. In 1986 het sy haar eie besigheid, Gail Nor- ton Instrumentation, begin en ’n groot sukses daarvan gemaak – in 1997 was sy selfs Shoprite-Checkers se Sakevrou van die Jaar. Gail se liefde vir Afrikaanse musiek het in 2003 begin toe sy die eerste keer Aardklop bygewoon het. “Ek het rondgeloop, stomgeslaan deur die wonderwêreld van Afrikaanse musiek en die wêreldklas talent,” sê sy. Terug in KwaZulu-Natal kon sy nie ophou dink aan die musiek wat sy by die fees gehoor het nie. “Ek het besef hierdie liedjies is verteenwoordigend van ons mooi land, Suid-Afrika. Van die wêreld se mooiste liedjies is in Afrikaans geskryf!” Huisgenoot se Skouspel was nog een van die mylpale in haar reis met Afrikaanse musiek, en later het konserte soos Afrikaans is Groot gevolg. En watwo net een konsert – Gail sou sommer oor ’n naweek al die konserte bywoon wat sy moontlik kón. ‘Ek glo daar gaan ’n tyd kom wanneer mense hierheen gaan reis om na ons kunstenaars te kom luister.’ “Dit is werklik wêreldklas,” sê sy. “Ons het nie nodig om die wêreld vol te reis agter musiekkonserte aan nie. Ons het alles hier. Ek glo daar gaan ’n tyd kom wanneer mense hierheen gaan reis om na ons kunstenaars te kom luister.” Wanneer haar werkskedule dit toelaat, vat Gail die pad na nog ’n fees of konsert. Sy is al deel van die musiekfamilie, en omtrent Gail Norton en Kurt Da rren kuier saam voor vanjaar se Ghoema-toekennin gs. almal in die bedryf ken vir Gail met die volronde Engelse aksent en funky hare. “Ek voed my siel deur die feeste en konserte by te woon,” sê sy. Moet haar net nie vra of oor ’n gunstelingkunstenaar nie. “Daar is te veel om op te noem – ek is so dankbaar vir die musiek wat hulle bied. Ek is mal oor alle kunstenaars, veral as hulle met die bestes in die wêreld vergelyk.” Gail sê sy is op haar gelukkigste wanneer sy omring word deur Afrikaanssprekende mense wat haar liefde vir musiek deel. “Dis hoekom ek so versot is op die drie kykNET-kanale,” sê sy. “Dis ’n toonvenster van Suid-Afrika en wys vir die res van die land hoeveel talent ons in die land het.” Ook op Facebook wys Gail waar haar ondersteuning lê. “Thanks for DStv channel 146 for the music. What amazing talent in South Africa. The angels are r ight here,” het sy onlangs geskryf. En dan is sy lief om haar boodskappe af te sluit met: “Love and sunshine always”. JUNIE 2017 | kykNET 29