kykNET Junie 2017 | Page 24

#flieknetfoendies LIGTE, KAMERA, AKSIE! Kom neem deel aan FliekNET Foendies, ’n splinternuwe en unieke reeks. Dis groter pret as wat jy in enige rolprentteater kan ervaar! W eet jy meer van flieks as program oor flieks en fliekfeite, word selfs die slimste resensent? gesoek na deelnemers wie se kennis op Is jou rolprentkennis ’n vermaaklike en onverwagse manier buitengewoon en sonder getoets gaan word. gelyke? Weet jy byvoorbeeld watter akteur Daar is vier deelnemers per program wat in Vir Altyd gespeel het, sy debuut as en slegs een van hulle kan deurdring tot ’n verbeteringskoolseun in die TV-weer- die eindronde. Vrae oor internasionale gawe van Ballade vir ’n Enkeling gemaak en plaaslike rolprente en -sterre sal gevra het net voor hy weermag toe is? word, terwyl jou fliekmusiekkennis ook In FliekNET Foendies, ’n blitsvinnige getoets gaan word. Die hoofspelers in Vir Die Voëls. Ken jy hulle? ANTWOORDE 1 Die Storie van Klara Viljee 2 The Hours 3 Sarie Marais of Moedertjie (1931) 4 Stanley Kubrick 5 Simoné Nortmann en Francois Jacobs 6 Alfred Hitchcock 7 Ballade vir ’n Enkeling 24 Hier is van die vrae wat jy kan verwag: 1 In watter Afrikaanse rolprent het Wilma Stockenström die rol van Miss Lissie Sauer gespeel? 2 Vir watter rolprent het Nicole Kidman die Oscar vir beste aktrise gewen? 3 Noem enige van die eerste twee Afri- kaanse flieks met klank. 4 Watter groot regisseur wat onder meer The Shining en A Clockwork Orange gemaak het, is in 1999 oorlede? 5 Noem die spelers wat die rolle speel van Sampie en Irma de Klerk in Vir die Voëls? 6 Wie het die rolprente Rear Window en North by Northwest gemaak? 7 Watter rolprent is gedeeltelik op die dorpie Kleinbegin geskiet? As jy dié vrae kan beantwoord sónder om na die antwoorde onder op die blad te kyk en dus fliek eet, drink en slaap – en selfs méér van fliek hou as van spring­ mielies en Slush Puppie – het ons jóú nodig om die program opwindender te maak. Nie net sal jy jou eie fliekkennis verbeter nie, maar jy sal sommer ook die kans kry om munt te slaan daaruit! Die FliekNET Foendie van die Jaar stap nie met leë hande weg nie – daar wag ’n ongelooflike buitelandse reis vir jou én ’n metgesel. Wil jy deelneem? Gaan na www.kyknet.co.za en vul die vorm in – die sluitingsdatum is 30 Junie 2017 kykNET | JUNIE 2017 #NulisNieNiksNie ’n Tiener se laaste wens… M Jaco Jacobs se gewilde jeugboek met die mondvoltitel Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word word eersdaags op die silwerdoek vrygestel as Nul is Nie Niks Nie. artin Retief – of Hoender, soos almal hom noem – is dertien jaar oud. Hy is ’n bedrewe hoenderboer en geseën met ’n goeie wiskundebrein. Hy woon op ’n klein dorpie en verkoop eiers vir sakgeld. Sy pa het altyd vir hom wiskundevergelykings op ongewone plekke gelos, maar ná sy dood het alles verander. Sy ma het haar onttrek en sy suster, Cindy, probeer van haar eie hart- seer wegkom. Hoender raak vriende met die nuwe DIE DRIEMANSKAP Jaden van der Merwe (Hoender Retief) is ’n SA judokampioen en van kleins af lief vir die verhoog. Hy het al ’n hele paar rede­naars­ kompe­tisies gewen – en op nege sy eerste tandemvryvalsprong gedoen. Hy het vanjaar sy hoër- skoolloopbaan by Michaelhouse in KwaZulu-Natal begin. Pieter Louw (Drikus Ferreira) is mal oor goeie flieks, boeke met ’n kinkel en om met sy longboard te ry. Hy het in 2013 sy debuut gemaak in die fliek Buster die Brak, en hy wil graag meer tyd voor – én dalk agter! – die kame­ ras deurbring. Daniah de Villiers (Chris) het in 2013 die Junior Grand Champion of the World-toekenning vir dra- ma in Los Angeles gewen en sy was in 2014 een van die toptien kandidate vir die SATCH-kompe- tisie in Florida, Amerika. Sy het ’n paar flieks op haar kerfstok, soos Vaselinetjie, Mia and the White Lion en MeerKat Maantuig. buurseun, Drikus Ferreira, maar Drikus is baie siek en het ’n laaste wens om ’n zom- biefliek te maak. Hoender, Drikus en Chris, Hoender se droommeisie, besluit om dit te laat gebeur, maar dit word veel meer as net die maak van ’n fliek… In die rolverdeling is Jaden van der Merwe, Pieter Louw, Daniah de Villiers, Morné Visser, Marisa Drummond, Antoi- nette Louw, Reine Swart, Luan Jacobs en June van Merch. Die regisseur is Morné du Toit, wat ook vir die trefferfliek Hoof­ meisie verantwoordelik was. “Ek het nog altyd ’n ding oor hoenders gehad,” sê Jaco Jacobs. “Kleintyd was ek mal daaroor om hulle dop te hou. Die storie het begin met ’n outjie wat sy pa se skouhoenders versorg, en toe ek my oë uitvee, was die storie vol zombies, moei­ like wiskundesomme en drie kinders met ’n plan om iets ongeloofliks te doen.” Kindersiektes, veral siektes wat lewensbedreigend is, is ’n gewigtige tema om in ’n boek vir jong mense aan te pak. Hoe het hy dit benader? “Ja, dit is ’n moe- like tema, maar ek het dit met deernis en humor probeer hanteer. Dit gaan oor verlies, maar dis terselfdertyd ook ’n avon- tuurverhaal. Die storie gaan oor gesinne en oor die ontluikende vriendskap tussen drie baie uiteenlopende kinders,” sê Jaco. Hy sê dit is ’n gesinsfliek en hy hoop tie- ners én hulle ouers sal dit geniet. Hy het nie self die draaiboek geskryf nie. “Lizé Vosloo het dit behartig, en nadat ek dit gelees het, was ek baie bly ek het dit nie self geskryf nie,” sê Jacobs. “Sy was van die begin af passievol oor die projek en sy het elemente van die storie ontgin wat ek waarskynlik sou miskyk. Ek was ongeloof- lik beïndruk met die eindresultaat.” Morné du Toit sê hy het juis by die projek betrokke geraak toe Lizé vir hom Jaco se boek gegee het om te lees. “Ek het dadelik geweet ek wil deel wees van die projek,” sê Morné. “Dis ’n ryk en veelvlakkige storie met baie interessante en komplekse karakters.” Kyk die lokprent hier: youtube.com/ watch?v=vMi AUuIBneE Jaden van der Merwe en Daniah de Villiers. 25 Nul is Nie Niks Nie word op 7 Julie 2017 vrygestel JUNIE 2017 | kykNET