kykNET Junie 2017 | Page 2

i nhoud JUNIE 2017 4 | Binnelanders Je-Ani gesels oor skoonheid 6 | Binnelanders Je-Ani Swiege laar Hein Scholtz Waldimar Pelser ’n Hand vol vere in kykNET se hoed W anneer dit by gehalte kom, staan kykNET voor in die ry – dít is weer bevestig toe die kanaal onlangs met nie minder nie as agt ATKV- Mediaveertjies bekroon is. Hier is ’n lys van ons wenners – ons is trots op elkeen van julle! • Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkel­ drama: Louis Pretorius vir Die Boekklub • Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkel­ dra­ma: Quentin Krog vir Die Boekklub • Beste dramareeks of enkeldrama: Die Boekklub • Beste aktrise in ’n dramareeks of enkel­ drama: June van Merch vir Die Boekklub • Beste akteur in ’n dramareeks of enkel­ drama: Gérard Rudolf vir Vryslag (Silwerskermfees) • Beste insetsel vir ’n joernaalprogram: Hein Scholtz vir Kwêla (“Illustreerder Leon se Storiemuis”) • Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram: Waldimar Pelser vir KN Verslag: In Gesprek • Beste nuus- of aktualiteitsprogram: Mega- boere: Abraham van Rooyen (Wynand Dreyer en Christelle Parrott) Binnelanders is nou al meer as tien jaar deel van huishoudings reg oor die land, en vandeesmaand maak ons beeldskone voorbladvrou, Je-Ani Swiegelaar, haar hart oop oor skoonheid en haar lewe as aktrise. Ons gaan kuier ook vir ’n dag op die stel om te kyk wat dit verg om dié gewilde reeks vyf dae per week op die kassie te kry. Die kykNET-span het die afgelope tyd baie hard agter die skerms gewerk en ons het groot nuus vir Julie, maar ongelukkig sal julle moet wag vir dié opwindende aankon- digings. Weet net beslis: kykNET gaan beter wees as ooit. Met ’n skuif hier en daar en net nóg meer nuwe inhoud gaan jy nie eens die winter voel nie! Dankie vir die goeie terugvoer op kykNET Digityd. In dié uitgawe is daar weer meer as genoeg om te lees, ook oor nuwe reekse soos Kook en Geniet en Elke Skewe Pot. En aan al die pa’s: ’n Gelukkige Vadersdag aan elkeen van julle. Tot volgende keer. Karen en die kykNET-span Uitgewer: In Context Redakteur Ilza Roggeband Besturende redakteur Peter van Noord Kunshoof Monique Mouissie Vir kykNET Direkteur: kykNET-kanale, M-Net Karen Meiring Hoof van bemarking en publisiteit: kykNET-kanale Angerie van Wyk Skakel- en mediabestuurder Suzaan Keyter kyknet.co.za kykNETtv Medewerkers Cyril Blackburn, Gielie Hoffmann, Tim du Plessis, Melt Sieberhagen, Gerda Engelbrecht en Herman Lategan Foto’s verskaf deur kykNET (tensy anders vermeld) Kontak kykNET 011 686 6000 [email protected] @kykNETtv Teksredigering Peter van Noord en Johan van Zyl kykNETtv Ons kuier ’n dag lank op die stel saam met die “familie” 8 | Suidooster Gantane Kusch wag vir sy dag saam met Illse Roos... 10 | In Gesprek Ons móét reguit wees oor die politiek, glo Waldimar Pelser 12 | Ontbytsake Jan Harm Schutte se gunstelinge 14 | Showmax Showmax is soos medisyne, sê ’n Suid-Afrikaner in Australië 16 | TV-skedules Al drie die kykNET-kanale se programme op een plek! 24 | FliekNET Foendies Is jy die grootste fliekvraat op aarde? Kom speel saam en wen ’n reis 25 | Nul is nie Niks nie Hier’s ’n nuwe tienerfliek wat beslis die hartsnare gaan roer 26 | Elke Skewe Pot Nuwe sitkom se sterre praat oor húlle beste dates 28 | Classics is Groot Vanjaar gaan selfs groter wees 29 | Gail Norton Die Engelse vrou wat mal is oor Afrikaanse musiek... en oor kykNET 30 | Kook en Geniet Mev. S.J.A. de Villiers se treffer kry lewe op TV 32 | Wie is ek? Kyk maar net na daai glimlag... 33 | Blokraai Watter woord kruip dié maand weg? 34 | Rubriek Herman Lategan onthou die grootste present van sy pa JUNIE 2017 | kykNET 3