kykNET Junie 2017 | Page 18

# ingesprek
# ingesprek

ONS MÓÉT DIÉ DINGE SÊ

Die hoof van aktualiteit by kykNET , Tim du Plessis , neem vir Waldimar Pelser , aanbieder van In Gesprek , onder vier oë .
10

As ek kykNET was , het ek dié man heeldag op televisie gesit .” Só het een van die veterane van die TV-bedryf op ’ n dag vir my gesê kort nadat Waldimar Pelser ( 39 ) begin het as aanbieder van kykNET Verslag In Gesprek . Vandag is dié vlagskip van kykNET se vloot laataand-nuusprogramme reeds twee jaar op dreef .

Waldimar en TV-joernalistiek-sonderweg komkans het sinoniem geword . Hy laat deelnemers sweet , veral politici . Maar hulle verskyn steeds graag op die program . Dit sê vir ’ n mens iets .
Dalk moet kykNET hom heeldag én -nag op TV sit . Hy maak kwiksilwer TV . Die skerp , soms snydende inleidings waarmee Waldimar elke Woensdagaand om 21:30 afskop , het mense aan die praat . Op sosiale media het van dié intro ’ s al soos ’ n veldbrand versprei . Amper soos koerantknipsels in die ou dae , kompleet met ’ n boodskap :“ Het jy dié gesien ?”
Waar kom daardie intro ’ s vandaan ? Wat ek wil bereik , is om iets te verwoord wat ons kykers voel en glo , maar ook om ’ n perspektief te gee op die nuus of ’ n nuusgebeurtenis eerder as nét die feite , wat altyd en noodwendig die onderbou van die inleiding is .
Kykers wonder of jy in die moei likheid kan beland oor die intro ’ s . Wat dink jy ? Ek soek nie moeilikheid nie , maar ek dink nie enigiemand word in tye soos hierdie gedien deur oorversigtige ontleding nie . Daar is dinge wat gesê moet word , en ’ n groot verantwoordelikheid rus op almal van ons wat toegang het tot die media om te sê wat ons gewete van ons vereis . Ek sluit darem saans my deur !
Wat hoor jy die meeste by mense as hulle jou op straat voorkeer ? Baie mense sê vir my hulle is dankbaar dat iemand op TV reguit vrae vra en die regering opstoppers gee . En dít nogal in Afrikaans .
Wat sê jy vir mense wat sê hulle kyk nie nuusprogramme nie want dis te neerdrukkend ? Om in die middel van ’ n storm boonop in die donker te wees maak die gevaar net groter .
Is daar ’ n insetsel of onderhoud wat jou besonder geïnspireer het ? Chris Burgess van Landbouweekblad het onlangs met groot geesdrif kom praat oor die werk wat kommersiële boere doen om opkomende boere te help – onder baie moeilike omstandighede . Ek weet nie of die boere se optrede hulle bas gaan red nie , maar hulle sit beslis nie net stil nie . Dit inspireer my . Politici inspireer my omtrent kykNET | JUNIE 2017