kykNET Junie 2017 | Page 14

# suidooster
# suidooster

' Ek wil mense laat lag '

Hy het as student al die toekennings ingeryg en het naam gemaak in die fliek Noem My Skollie , maar danksy Suidooster word Gantane Kusch deesdae oral herken .

Vertel ons meer van jouself : Waar het jy grootgeword en skoolgegaan ? En ná skool ? Ek het op St . Helenabaai in die Weskus grootgeword , waar ek ook op laerskool was . Ek het matriek geskryf aan die Hoërskool Weston op Vredenburg en daarna eers twee jaar by die New Africa Theat re Academy gaan studeer voor ek my weg gevind het na die Universiteit van Kaapstad . Hier het ek in 2013 my dramagraad verwerf .

Jy was ook te sien in Noem My Skollie . Wat is jou beste herinnering van dié fliek ? Die verhoudinge wat ek daar gesmee het , was ongelooflik en ek sal ’ n lang pad stap met my mede-akteurs én die mense agter die skerms . Dit was lang ure , maar elke dag was ’ n seëning .
Wat is die een rol wat jy nog graag wil speel ? ’ n Marvil-karakter ! Want ek wil graag met Iron Man en die Hulk uithang .
8
Hoekom het jy besluit om drama te studeer ? As jong kind het ek besef ek wil eintlik mense laat lag , en dié begeerte het veral sterker geword toe ek op ’ n dag ’ n fliek kyk waarin een karakter , Smokey , my baie laat lag het . Ek het daar en dan geweet ek moet die toneelwêreld betree . Hoewel ek tot op hede eintlik taamlik ernstige rolle vertolk het , is ek baie lief vir humor .
Jy het verskeie ander talente , onder meer musiek en dans ... Ek het opleiding in dans en kan onder meer kontemporêre dans , Afrika-passies en hip-hop doen . As dit by musiek kom , skryf ek meer lirieke , want ek is lief vir dig . Ja , ek skryf graag gedigte en het ook al ’ n toneelstuk of twee geskryf . Deesdae hou ek boonop my lyf fotograaf .
Vertel meer van jou rol in Suidooster . In Suidooster is ek dr . Siya Thuli , wat ná jare terugkeer Ruiterbosch toe . My karakter was as kind veral vriende met die Samsodien- en October-kinders – Siya is dus ’ n ou bekende vir hulle . Hy is ’ n goeie ou wat regtig sy medemens wil help ; hy weet ook ’ n mens moet altyd die regte ding doen . Sy
Lees meer oor Suidooster by kyknet . dstv . com / program / suidooster terugkeer Ruiterbosch toe was aanvanklik nie so maklik nie , want kort ná sy aankoms is die geliefde Jerome dood – iets waarvoor Ian October vir Siya blameer .
Jy het ook al in die teater gewerk . Wat verkies jy : teater , film of TV ? Ek hou regtig van al drie , want uit elkeen kry ek iets anders . Teater is wel die bevredigendste , want dis onmiddellik – mense komplimenteer jou spel byvoorbeeld dadelik met applous . Met flieks gaan dit weer oor nuanses en om subtiel te wees . Maar , soos my mede-Suidooster-akteur Jill Levenberg vir my gesê het : Televisiewerk is die middeweg tussen TV en teater – jy moet die direkte drama van teater met die subtiele aard van flieks kombineer .
Herken mense jou op straat ? Ja , ná Skollie het mense my begin herken , maar met my verskyning in Suidooster is dit net op ’ n ander vlak . ’ n Mens besef aanvanklik nie hoe gewild Suidooster is nie , maar die reaksie daarop – en op my rol – is ongelooflik . As ek na my tuisdorp , St . Helenabaai , gaan , raak die mense mal .
Wat doen jy in jou vrye tyd ? Ek skryf , neem foto ’ s of sit in my woonstel in Tuine , Kaapstad , en luister musiek .
Saam met wie sal jy nog graag wil werk ? Plaaslik sal ek graag saam met Illse Roos wil werk , want toe ek klein was , het ek altyd 7de Laan gekyk en ek het haar só bewonder omdat sy vir my beeldskoon is . Wie weet , dalk word die droom gouer waar as wat ek dink , want sy het mos ook al ’ n draai in Suidooster kom maak .
Suidooster Maandae-Donderdae om 18:00 op kykNET , kanaal 144 , en kykNET & KIE , kanaal 145
kykNET | JUNIE 2017