kykNET Junie 2017 | Page 12

#ontbytsake Oor pa-wees en knoffelslakke Jare gelede het Jan Harm Schutte by M-Net se kantoor ingestap en gesê hy soek werk. Vandag is hy ’n senior vervaardiger by SuperSport en een van die gewilde aanbieders van Ontbytsake. Hy deel van sy gunstelinge met ons. W at maak pa-wees vir jou lekker? Wanneer my jongste, Chloe, soos ’n mal haas aangehardloop kom om soene uit te deel as ek ná ’n dag se werk by die huis kom. As Emma op my skoot sit en televisie kyk. As my kinders uit die bloute vir my sê hoe lief hulle vir my is. (Hulle is nog nie tieners nie!) Om saam vakansie te hou. Saam vis te vang. Saam diere te soek. Alles. Behalwe dalk elke nou en dan se geneul. Maar verder alles! Wat is die beste raad wat jy by jou eie pa gekry het? Hy het altyd oor ete sy mes en vurk neergesit, teruggeleun in sy stoel en gesê ’n mens moet altyd ’n bietjie stop om net die ete en geselskap te geniet. Ek dink dit is nogal van toepassing op alle aspekte van ’n mens se lewe. Jou gunsteling-Ontbytsake-oomblikke? Dit gaan gepaard met die wonderlike gaste wat ek al ontmoet het – inspirerende mense soos Hein Wagner, Brand Preto- rius, Theuns Stofberg en Sheri Brynard, om enkeles te noem. Ook die lekker geklets agter die skerms by Renette se kombuis, met Willem as die skinker. En vir jou die snaaksste oomblik op Onbytsake? 12 Dis gelykop tussen die program waar Leon Schuster vir Dawie met die hout- lepeltruuk uitgevang het, en die dag toe Dowwe Dolla vir Dawie so rooi soos ’n tamatie laat bloos het met haar verto­ ning van die “kameeltoon”. Wat is die grootste sportoomblik wat jy al beleef het? Ek en my pa het in 1992 die heel eerste rugbytoets ná die isolasietydperk saam op Ellispark gaan kyk. Hoewel die All Blacks die Springbokke geklop het, was dit ’n onvergeetlike dag, veral toe Danie Gerber onder die pale gaan druk het. Oosthuizen en my pa 18 putjies gholf op Augusta speel. • Drie maande lank deur Suider-Afrika toer saam met my vrou. • ’n Nuwe taal leer. Tans is ek besig met Italiaans. Jan Harm se gunstelingfoto: Saam met hom is sy vrou, Kim, en twee dogters, klein Chloe op haar pa se skouers en Emma in die middel. Wat is die lekkerste bord kos wat jy al geëet het? Daar is ’n restaurant in Dullstroom, Mrs Simpson’s, wat die lekkerste voor­ gereg maak: vet slakke in ’n knoffel-en- gorgonzolasous. Ek en my vrou, Kim, trek jaarliks op om daar te gaan eet. Gunstelingreisbestemming? Ek kan die een of ander eksotiese bestem- ming noem, maar my wederhelfte sal weet ek jok, want daar is net een bestemming boaan my lys: die Krugerwildtuin. Plak my neer in ’n safaritent in Onder-Sabie of ’n hutjie in Olifants en jy sal maande niks van my hoor nie. Wat is jou gunstelingaanhaling? “Jy leef net een keer. Lek die bak uit.” Drie dinge wat jy nog in jou lewe wil doen... Gaan kyk hoe Leon Schuster vir Dawie gefnuik het by kyknet. dstv.com/video/ ontbytsake- lepelspeletjie • In ’n vierbal saam met Ernie Els, Louis Ontbytsake Saterdae om 07:30 op kykNET, kanaal 144 kykNET | JUNIE 2017 HUUR DIE BESTE EN NUUTSTE BLOCKBUSTER FILMS UIT DIE GEMAK VAN JOU HUIS HUUR NOU Beskibaar vir alle DStv kliёnte met ‘n DStv Explora of ‘n HD PVR Dekodeerder.