kykNET Junie 2017 | Page 10

# binnelanders
# binnelanders

Van buite af ‘ BINNELANDERS ’ TOE !

Wat verg dit om Binnelanders 52 weke per jaar , vyf dae per week , op die kassie te kry ? Gielie Hoffmann het ’ n dag op stel deurgebring om met sy eie oë te sien .
6

Dis skuins ná agtuur op ’ n Maandagoggend . Die Goudstad se strate bars nie uit hulle nate nie , want dis ’ n vakansiedag . Maar by Stark Studios in Randburg is daar al ’ n geskarrel op die stel van Binnelanders .

Ek is hier om rond te stap , waar te neem , te kyk , vrae te vra . Elke aand sit duisende kykers reg voor hulle televisieskerm , en hier kry ek die kans om agter die skerms in te loer van dié gewilde sepie .
“ Skarrel ” is dalk die verkeerde woord . Dit is eerder ’ n georkestreerde dans waar elke lid van die geselskap moeiteloos hulle rol vertolk . Voor die kameras . Agter die kameras . Elke afdeling maak seker dat daar weeksaande ’ n episode reg is om die volk te vermaak .
Dit sou maklik wees om weg te raak in hierdie produksie as dit nie was vir die familie-atmosfeer wat daar heers nie . Oral sit mense en kuier . Groet mekaar uitbundig . Ek gaan sit by Brümilda van
Rensburg , Je-Ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys . Kykers ken hulle natuurlik as Jana Koster , Naomi Ferreira en Louis Koster . Saam met ons is Ernst Swart , Binnelanders se publisiteitsbestuurder .
Dadelik word ek as buitestander ’ n Binnelander . Ek word getrakteer op gun stelingflops , eerste dae op stel , ont moe tings met grootwordhelde en oom blikke wat nie altyd op skerm gewys word nie . Germandt wat vir Karen Zoid ontmoet en nadat sy haar voorgestel het , net kan sê : “ Dankie .” Je-Ani wat die swemmer Natalie du Toit ontmoet – maar eers nadat sy rondtrippel en dit byna vermy ... Dis verfrissend om te hoor bekendes kry ook nog skoenlappers in die maag .
Ook hier is hulle puik storievertellers . Die nodige handbewegings , dramatiese pouses en verandering in stemhoogte . Voltooi mekaar se sinne . Moedig mekaar aan om méér te vertel . En hulle lag . Uitbundig . Binnelanders gaan egter nie oor rondsit
en giggel nie . Allermins . Ek ontmoet vir Freddie Sauerman , die vloerbestuurder . Hy gee aan die tegnici aanwysings en aan die akteurs spelleiding . Vra nog ’ n take en sê wanneer die toneel korrek verfilm is . Sy oog mis niks nie ; sy ore nog minder . Die regisseur en die res van die tegnici sit bo in die boks en kommunikeer deurlopend met Freddie .
Freddie is die verpersoonliking van die span se kollektiewe toewyding : Die haar- , grimering- en kunstedepartment se deeglikheid om seker te maak ’ n glas staan op die regte plek , ’ n kuif hang na die regte kant toe en ’ n wang , wel , lyk soos ’ n wang en niks anders nie . Die akteurs wat weet hulle opdrag is eenvoudig : Wees betyds en ken jou woorde .
EK GAAN SIT IN ’ N HOEK en sien hoe word ’ n toneel met Kim Cloete ( Bronwyn Abrahams ) en Lesley Fong ( Tim Jantjes ) verfilm . Freddie herinner Lesley daaraan dat sy regterarm eintlik nog seer is ; Kim
kykNET | JUNIE 2017