kykNET Julie 2017 | Page 9

seisoen meer omvangryk word en sy ook gekonfronteer word met kwessies wat veel groter is as syself. “Vir my is dié rol regtig ’n loopbaan- hoogtepunt wat my die geleentheid bied om my impulsbeheer, wat klaar nie wat- wonders is nie, in die geheel te laat vaar. As akteur laat Hanli my toe om te vóél – onbeskaamd en selfsugtig – sonder om enige emosies te sensor. Die karakter gaan redelik ongesofistikeerd deur die lewe: Haar filters werk nie, sy het selde agendas en sy sê en doen wat die meeste mense dalk dink, maar te gesosialiseer is om te doen. Hierdie byna kinderlikheid stel haar natuurlik ook oop vir seerkry. “Uiteindelik glo ek die karakter se gewildheid, veral onder vroue, gaan nie net oor die feit dat hulle identifiseer met haar lewe as middeljarige huisvrou wie se kinders die huis verlaat het nie, maar ook omdat sy so ongeïnhibeerd daarmee omgaan – iets wat die meeste mense nie beskore is nie,” sê Nicole. “Verder dink ek kykers vind aanklank by Die Boekklub omdat dit normale stories oor normale mense is, maar binne ’n wêreld waar magic steeds moontlik is. In dié opsig bied dit die herkenning van real life, maar ook die ontvlugting van feëverhale.” Televisiewerk is deesdae verbasend lekker, erken Nicole, wat ’n stuk of 15 jaar gelede ná die M-Net-reeks Known Gods gekla het hoe “frustrerend” dit is omdat die akteurs so min beheer oor die eind- produk het. “Iemand het dit anderdag baie mooi gestel: Televisiewerk is ’n reeks kompromieë tussen ’n magdom partye. Ek sukkel in die algemeen met kompromieë, maar glo regtig ek het al baie verbeter sedert ek 15 jaar gelede Octavia in Known Gods gespeel het. Ek weet nou dat elke nuwe projek ’n geleentheid is om iets te leer. Die afwesigheid van ’n onmiddellike gehoor sal my altyd pla, maar ek besef nou dis my eie neediness en ek moet eenvoudig daaroor kom!” ‘As akteur laat Hanli my toe om te vóél – onbeskaamd en selfsugtig – sonder om enige emosies te sensor.’ NICOLE BLY BESIG – báie besig. Be- halwe Die Boekklub het sy vanjaar gesig gewys in Die Boland Moorde, en op die Woordfees-verhoog was sy te sien in die Anglo-Boereoorlog-kabaret Hensop! en Piekniek by Mpande née Dingaan, wat vandeesmaand by die Vrystaatse kunstefees en later vanjaar by Aardklop opgevoer word. Haar voorbereiding vir ’n rol wissel geweldig. “In sommige stukke is my rol net funksioneel, en dan verg my voor­ bereiding en proses om deeglik na die Van links Nicole op die verhoog as Sus in Marlene van Niekerk se stuk Die Kortstondige Raklewe van Anastasia W; By haar seuns, Rossouw en Wouter; Saam met Anrich Herbst in Die Boekklub. regisseur te luister. In ander stukke bepaal die soort karakter wat geskep word, weer die rigting waarin die stuk beweeg en dan het jy as akteur meer outonomie. “Gewoonlik lees ek die teks vinnig deur en los dit. Ek het ’n geweldige geloof in my brein se vermoë om die werk vir my te doen, amper in my afwesigheid, soos as ek slaap. Ek los dus die teks en speel in my gedagtes rond met enige idees wat hulle aanmeld. Ná ’n paar dae sal ek teruggaan na die teks, meer navorsing doen, en as die repetisies begin, kry jy nóg nuwe inlig- ting deur die regisseur en ander spelers. Basies kom alles neer op droom en speel. Wie sal nou nié van so ’n werk hou nie?” Asof droom en speel nie genoeg is nie, is Nicole die afgelope nege jaar ook ’n deeltydse spel- en spraaklektor by die Universiteit van Stellenbosch, en haar en haar lewensmaat, Dirk Cilliers, se vyfjarige tweelingseuns, Wouter en Rossouw, gaan sowaar volgende jaar al skool toe. “Vyf is aan my beskryf as die goue jare, en dit is regtig waar: Ons kinders is ouliker en ongeloofliker as wat ek gedink het moontlik kan wees. Ek onthou so goed toe hulle nog babas was, het Dirk eendag vir my gevra: ‘Nou