kykNET Julie 2017 | Page 8

NICOLE #DieBoekklub 10 As dit by gedaanteverwisselings kom, kan min akteurs kers vashou by Nicole Holm, wat in die tweede reeks van Die Boekklub én as gesoute verhoog- en TV-akteur, sanger, dosent en ma van ’n tweeling aan elke rol ’n vars veelkantigheid verleen. D 8 rie jaar gelede was Nicole Holm behoorlik keelvol vir die TV- en teaterbedryf. Die Stel- lenbosser se batterye was pap, haar beursie nóg papper en die ge­dag­te om ter wille van sekuriteit ’n voltydse sepierol in Johannesburg te aanvaar net te ondraaglik vir woorde. Al kon sy haar nog nooit ’n lewe sonder die verhoog voorstel nie, het ’n gans ander romantiese prentjie in haar agterkop vorm aangeneem: Sy gaan ’n sielkundige kykNET | JULIE 2017 DEUR JOHAN VAN ZYL word, ’n praktyk uit haar huis bedryf en twee keer per jaar suiwer vir die lekker in ’n toneelstuk speel. Nou ja, só val die helde en drome, maar gelukkig staan party weer op en kom tot hulle sinne: Nicole het vanjaar haar M.-graad in drama cum laude aan die Universiteit van Stellenbosch ver­ werf (oor moedermoord à la Medea). En, lag sy, al droom sy nog oor Plan B (sy is inderdaad besig met ’n “uiters fassine­ rende” honneursgraad in sielkunde deur Unisa), is haar huidige punte nie naas- tenby van die stoffasie wat ’n tweede loop- baan as sielkundige sal moontlik maak nie... (Ons slaak ’n sug van verligting.) Vandeesmaand is Nicole terug op die kassie in kykNET se trefferreeks Die Boekklub waarin sy die rol speel van Hanli Oberholzer, ’n middeljarige tuiste­skepper wat voel haar man skeep haar af en nie- mand sien haar raak nie. Nicole meen Hanli het in die eerste reeks haarself beter leer ken, terwyl haar wêreld in die tweede