kykNET Julie 2017 | Page 7

JAN SE BRAAIWOORDEBOEK
introu , en daarom het ons bittermin van sy Ierse bloed oor , vermoed ek ,” sê hy .
Sy van het hy na sy groot liefde – Braai – verander omdat daar ’ n paar Jan Scannells is .
Die huis waarin hulle gewoon het , was voorheen die huis van mev . S . J . A . de Villiers van Kook en Geniet-faam . Haar oorpronklike Bauknecht-stoof waarop sy met daardie einste resepte in die boek ge ëk s- perimenteer het , was ook hulle stoof , en op dié einste stoof het Jan Braai reeds as standerdsesseun sy eerste lasagne gemaak .
Hy het ekonomie gestudeer op Stellenbosch , en toe hy vir sy M . B . A . by die Universiteit van Kaapstad inskryf , het hy besluit om nader aan die stad te trek . Deesdae in Seepunt is hy so tuis soos ’ n meerman tussen die branders . In Drieankerbaai besit hy ’ n kano waarop hy gereeld in die ysige see gaan roei tot in die diep , stil waters . Hy besit een van die boothuise op die strand en betree die oseaan sommer van daar af .
Vanoggend het hy gaan draf op Leeukop , maar dis fietsry wat sy groot liefde is . Ja-nee , ’ n mens kan aan sy ratse bewegings op TV sien hy is g ’ n sofapokkel nie . Met meer as ’ n honderd episodes agter die blad wat reg oor Suid-Afrika en in ander wêrelddele geskiet is , kan jy nie uitasem strompel van plek tot plek tot plek nie . Sy nuwe reeks is eintlik twee reekse wat saam uit 26 episodes bestaan .
Dis ’ n toer-en-braaiprogram , omdat

Die wêreld volgens Jan Braai

• Jan het niks teen vegetariërs nie . “ Gee vir hulle braaibroodjies , mielies , aartappels , groot sampioene – en voeg knoffel , botter en olyfolie by ,” sê hy .
• Hoe duurder die boerewors , hoe beter . As dit te goedkoop is , moet jy weet dis swak .
• Hy dink Suid-Afrika het van die mees diverse koskulture ter wêreld .
‘ As ek moeg word vir steakhousekos of braaivleis , gaan eet ek gereeld die heerlikste kerrie skuins oorkant die pad . Sushi is ook lekker .’
dit lekker is om te sien hoe mense reg oor die land en ander wêrelddele eet . Om byvoorbeeld op Koekenaap meer uit te vind oor bykosse of iets wat eiesoortig is aan daardie streek .
Behalwe vir Jan se gewilde braaitoere en nasionale braaidag het hy ook laasjaar ’ n suksesvolle Tour de Braai begin ( sien www . braai . com ), waar mense per grondpad op fietse deur verskillende dorpe kan
Dink net aan die verskillende kossoorte – hier kry jy enigiets van kerrie en boerekos tot Mediterreens , Amerikaans , Chinees en Japannees , om maar net ’ n paar te noem .
• Ons het wonderlike vis vir braai : Geelstert , snoek , engelvis en tuna .
• Hy gebruik ’ n elektriese skeermes , want skeerroom laat hom aan ’ n koshuis dink .
ry , braai en oorbly . Dit gaan nou ’ n jaarlikse instelling word .
Sy eerste drie kookboeke was Vuurwerke , Vuurwarm en Die Demokratiese Republiek van Braai . Nou is Chisa Nyama in die pyplyn . En Jan is vuur en vlam .
Vir “ nog ’ n bietjie slaap , nog ’ n bietjie sluimer , nog ’ n bietjie handevou en bly lê ” is daar nie tyd nie . Daarvoor brand die vreugdesvure te hoog en iemand moet die hout kies , dit aansteek en die vleis braai .
En volgende week is hy op pad na Botswana . Dan is hy terug vir ’ n kort rukkie voor hy vir twee maande deur Europa gaan toer .
Die selfoon skud en lui . Dis ’ n radiostasie . Hy groet met die hand , vertrek met sy selfoon teen sy oor en ek sien hoe hy deur die voordeur galop . Amper soos ’ n wegholveldbrand .
JAN SE BRAAIWOORDEBOEK
Doeksag Vleis wat baie sag is : “ Hierdie steakie is nou vir jou doeksag , hoor !” Knortoffie Iemand wat sommer lekker mislik is by ’ n braai : “ Hy is ’ n regte ou knortoffie .” Flou kole Teen die einde van die braai wanneer die dop op is , is almal flou kole .
Roofbraaier Die een wat met laegehalte-vleissnitte by ’ n braai opdaag , dit op die rooster gooi en uiteindelik iemand anders se topgehalte-snit annekseer . Abraaimowitza ’ n Joodse braai . Mompie Dommerd : “ Ag nee man , jy is darem ’ n mompie ; kyk hoe laat val jy die vleis .”
Jan Braai vir Erfenis Vanaf Vrydag 14 Julie om 18:30 op kykNET , kanaal 144
7
JULIE 2017 | kykNET