kykNET Julie 2017 | Page 6

#JanBraai ALLESBEHALWE ’N SOFAPOKKEL Hy het ’n oormaat energie: Wanneer hy nie die land vol braai nie, is hy op ’n fiets, te voet of in ’n kano. Jan Braai en Herman Lategan het op ’n Vrydagmiddag oor ’n bord kos en ’n glas wyn gekuier. J 6 HOOFFOTO NARDUS ENGELBRECHT an Braai kom by een van Seepunt se topbraairestaurante ingevlieg, betyds, op die sekonde: 12.30. Hy is pure sweef- stokarties wat fiks en kiertsregop na die tafel toe aansweef. Mnr. Braai trek nogal ligweg op die akteur Ryan Gosling. Enige oombl ik kan hy lostrek met danspassies soos wat ons in La La Land gesien het. Agter ons is Leeukop wat liggies sluimer onder die wit wolke. Seemeeue duik en fladder verby die groot skoon vensters. Die eetplek se naam is NV-80, geleë in The Point Mall, in dieselfde gebou waar Jan se kantore is. Sy blyplek is net om die draai. As hy nie reis nie, is hierdie kos- mopolitiese kusvoorstad met sy seelug wat ruik na sout en bamboes sy heimat. Maar hier ruik ons vleis. Hy is lief vir kos, sport, reis, mense, die buitelug – dít kom jy gou agter. Praat kom van nature, sy persoonlikheid is gemoedelik en ruim­ hartig. Hy is nie die muurblom in die hoek nie. Voordat ons nog oor sy nuwe TV-reeks kan praat, begin hy vertel: “Ek eet gereeld hier, want die vleis is prima. Maar ek hou ook van ander kos, hoor! As ek moeg word vir steakhousekos of braaivleis, gaan eet ek gereeld die heerlikste kerrie skuins oorkant die pad. Sushi is ook lekker, veral met geelstert, net hier anderkant.” As hy oor kos praat, is sy oë die ene vlamme, nie flou kole vol as nie. Vandag bestel hy NV-80 se 100% biefburger. “Dis uitstekend.” Hy weet ook dis kykNET | JULIE 2017 suiwer beesvleis, want hy ken sy storie. Hy rammel die snitte van dié vleis af soos ’n afslaer by ’n vendusie: “Diklies, skof, kruis, stertstuk...” Ek vra ’n sappige beessosatie. Die vleis smelt in my mond en sy gesig is pure kind as hy die eerste hap vat van sy hamburger wat so groot soos berg Etna lyk. “As jy nie jou groente gaan eet nie, gaan ek,” sê hy. “Van al die vleis smag ek soms na groente.” Die rooiwyn wat hy kies, is Buitenverwachting Meifort – heerlik met ons geurige vleis en my verskeidenheid kraakvars groente. Ek het vergeet om vir hom van die groente aan te bied, maar hy is te veel van ’n jintel- man om te vra. Hy is goedgemanierd, empaties en duidelik ’n ver- teller. ’n Fantastiese braaimaat dus, en nié iemand wat die gaste sal laat spaander deur hand uit te ruk of soos ’n knortoffie (sien sy braaiwoordeboek op die oor- kantste blad) in die hoek te sit nie. MAAR KOM ONS BEGIN by die begin: Jan Scannell het op Stellenbosch groot- Vir meer geword. Dié van, vertel inligting en hy, is Iers. “Daardie Ier resepte gaan na kykNET.tv en sy nasate het onder die Boerevrouens begin