kykNET Julie 2017 | Page 5

derpastei wat my skoonma gemaak het, en tapiokapoeding van my ma. Ek het vroeg in my lewe geleer om hulp te vra as jy dit nodig het. Wie gaan weet hulle moet jou help as jy nie vra nie?” ONS GESELS OOR Parlement Parle­ ment, wat Elana beskryf as ’n komedie- speletjies­program. “Ek het in my lewe nog nie iets snaak- sers gesien nie,” sê sy. “Ek is Madam Speaker, oftewel die tannie met die hamer. Daar is twee spanne met drie spanlede elk – die een is die regering, die ander die opposisie. Daar is komediante in elke span, mense soos Margit Meyer-Röden- beck en Anne Hirsch, maar ook ander bekendes soos Rian van Heerden, Louw Venter en Marion Holm. “Ek vra vir die spanne vrae en hulle moet op hulle voete dink om te antwoord. Dis moeilik om orde te handhaaf, want ek wil die heeltyd uitbars van die lag!” So gepraat van die regering... Hoe voel sy oor Suid-Afrika? “Ek het ’n Suid-Afrikaanse paspoort en gaan nêrens heen nie – nie net omdat ek nie kan nie, maar omdat ek nie wíl nie,” sê sy. “Ek moet hoop in my hart hê. Ek weet die slegte sal nooit die goeie oorwin nie. Ek wéét dit. “Natuurlik kan ek verstaan dat mense soms mismoedig raak, maar jy moet een ding onthou: As jy die heeltyd vir jou- self sê hoe sleg dit gaan, gáán jy elke dag ’n slegte dag beleef.” Haar ouer suster, Helga, woon al jare in Engeland saam met haar Britse man en hulle twee kinders. “Die blote feit dat sy daar woon, maak haar lewe nie veiliger nie. Kyk wat het in Manchester gebeur. Ek het nog nooit van ’n terreuraanval in Bellville gehoor nie.” As dit by haar eie kinders kom, is Elana ’n leeuwyfie. “Moenie aan my kinders vat nie,” sê sy. “Jy sál tweede kom.” Omdat sy nie elke dag by die huis is nie, is die tyd wanneer sy wel daar is, vir haar baie kosbaar. “Ons lees baie, speel bal, gesels.” Sy haal haar selfoon uit en wys ’n video van Essie wat sy vir die twee oumas gemaak het. “Sy is ’n baie slim kind,” sê Elana trots. ‘Ek het vroeg in my lewe geleer om hulp te vra as jy dit nodig het. Wie gaan weet hulle moet jou help as jy nie vra nie?’ Hulle is ’n Afrikaanse én Engelse gesin. Sy en Ian praat Afrikaans met mekaar, al is hy Engelssprekend en het hy as kind in Amerika gewoon. Met die kinders praat hulle Engels, maar die vorige aand het Essie vir Elana een van Carike Keuzen- kamp se Ghoempie-boeke gebring om vir haar voor te lees. “Dis vir my belangrik dat die kinders tweetalig moet wees. Dit was vir my nog net voordelig dat ek heeltemal tweetalig is. Hulle van is Afrika-Bredenkamp – ma se kinders én pa se kinders.” AS KIND HET SY GEDINK sy kan enig­ iets vermag. “Niemand het ooit gesê jy kan nie of sal nie,” sê sy. “My ouers was ondersteunend – en is vandag nog – maar hulle hou my voete op die grond. Hulle maak nie ’n fuss nie. Wanneer ek vir my ma vertel van werk wat ek gekry het, sal sy vra wat is volgende. Wanneer ek met my pa praat – en ons praat elke dag – vra hy of ek hard werk en of ek mooi met my geld werk.” Elana is ná skool Stellenbosch toe om drama te studeer, maar haar studie is onderbreek toe sy aanbieder van die jeug- program Jip op kykNET geword het. “Dit was 2001, ek was 21 en het sak en pak Johannesburg toe getrek,” vertel sy. “Ek het een slag my pa, wat ’n reken­ meester was, gebel om te vra of ek geld kan leen. Hy het vir my R50 oorbetaal en gesê dit moet vir die week hou. En dit het. Dit was ook die laaste keer dat ek by hom geld geleen het. Ek maak altyd ’n plan. Toe ek jonger was, het ek vir myself gesê ek wil nooit bid vir kos in my kaste nie, en vandag kan ek met dankbaarheid sê dit was nog nooit nodig nie.” Sy het nog heelwat dinge wat sy in haar lewe wil vermag. “Ek is besig met ’n kursus in kreatiewe skryfwerk en hoop om eendag kinderboeke te skryf. Dan wil ek ma’s help – nie net met raad nie, maar ook om hulle te bemagtig. Ek is deel van ’n WhatsApp-groep met ander ma’s en het besef ons almal het in ’n stadium raad en hulp nodig. Daar’s ook planne vir slaapsakke vir baba’s en kinders.” Hoe kry sy dit reg om vir haar en Ian tyd te maak in hulle besige skedules? “Ons het date nights, en op die oomblik maak ons seker ons kyk Sara se Geheim saam. Ek maak popcorn, ons sit op die bank voor die TV en kyk soos enige man en vrou saam ons gunstelingprogram. Ek sal wat wil gee om eendag in ’n drama- reeks soos dit te speel.” In ’n glanswêreld kan dinge soms klater­goud wees. Nie Elana nie. Met haar meer as 244 000 volgelinge op Twitter, bykans 40 000 volgelinge op Instagram en 36 000 mense wat haar op Facebook volg, bly haar voete plat op die aarde. Ja, sy het baie selfvertroue en glo in haar eie vermoëns – “ek is die beste sere- moniemeester wat daar is” – maar is nie vol van haarself nie. Sy werk; sy werk hárd en sê nooit nee vir ’n uitdaging nie. Vir meer inligting oor Is sy nie dalk die regte Parlement een om die speaker in Parlement gaan die regte parle­ment na kyknet.tv te word nie? Parlement Parlement Vanaf Maandag 10 Julie om 20:30 op kykNET, kanaal 144 JULIE 2017 | kykNET 5