kykNET Julie 2017 | Page 34

#rubriek Só raak jy verlief op Suid- Afrikaners Haar pa was Duits, haar ma Portugees. Maar die bekroonde joernalis en skrywer Marianne Thamm werk in Engels, praat vlot Afrikaans en is lief vir haar land en ál sy mense. D 34 aar is net een manier om ver- lief te raak op Suid-Afrikaners in hulle volle uiteenlopende glorie: deur werklikheids­ programme op TV te kyk. Vir my is dit ’n skuldige plesiertjie, ’n laatnagversnapering wat vir my ’n ven- ster oopmaak op die lewe van landge- note wat ek nooit in my gewone lewe sal teëkom nie. Van Somizi se Living the Dream en Hannon Bothma se Glam Guru tot Boer Soek ’n Vrou, Gogglebox, Date My Family, Sprokiesbruilof en Flori en Koel­ soem se Kosse, om maar enkeles te noem. Dié programme neem my direk na die hart van my land. Op die oppervlak lyk dit of ons in ’n verdeelde land woon. Natuurlik wil ons almal oor die weg kom, maar hoe sal ons dit regkry as ons so min van mekaar ver- staan? Ons moet weet hoe ander mense dinge doen, watter waardes ons deel (of nie) en kan sien ons het almal ’n sin vir humor in gemeen. My eerste kennismaking met Suid- Afrikaanse werklikheids-TV was Khum­ bul’ekhaya, ’n program oor die hereniging kykNET | JULIE 2017 van familielede wat vervreem geraak het, jare lank vermis was of kontak ver- loor het as gevolg va n die bulte wat die lewe oor ’n mens se pad laat kom. Deur Khumbul’ekhaya het ek geleer oor watter diep put van wysheid en openhartigheid Suid-Afrikaners beskik, al is soveel van hulle uiteen geruk weens die land se ges- kiedenis. Die aanbieder, Andile Gaelisiwe, het die land deurkruis en gesels met mense wat haar hulp vra in hulle soeke na heling en vergifnis. Van die stories wat in elke week se episode van 48 minute gewys is, het my diep nederig gelaat. Ek het geleer watter belangrike rol die kul- turele rituele in die gemoedstoestand van my mede-Suid-Afrikaners speel en hoe dit mense se siening van hulleself en die wêreld om hulle bepaal. Met Boer Soek ’n Vrou kon ek nie wág vir elke nuwe episode nie. Dit het my na die platteland geneem en vir my ’n kykie gegee op boere en boerdery wat van my vooropgestelde idees verpletter het; dit het my gewys wat dit beteken om ’n moder­ne boer in ’n moderne wêreld te wees en hoe moeilik dit is om die regte maat te ontmoet as jy elke dag net tussen koeie is. Om die vriende en familie van elke boer te ontmoet het my blootgestel aan die fami- lienetwerke wat die maatskaplike lewe in Suid-Afrika ondersteun en onderhou. Dieselfde geld vir Date My Family waar ons kan deel in die gemeenskaplike waardes wat so baie van ons in ons ver- houdings soek. Gogglebox South Africa, gegrond op die bekroonde Britse reeks, het my na die sitkamers van Suid-Afri- kaners geneem terwyl hulle TV kyk en kommentaar lewer. My gunstelinge was Eslina en Mirriam, twee gogo’s (oumas) wat sedert hulle kinderdae vriende is. Hulle het skreeusnaakse en gereeld baie wyse kommentaar gelewer oor ’n ver- skeidenheid van programme wat hulle gekyk het terwyl ons húlle dophou. Wat al hierdie werklikheidsreekse vir ons wys, is dat Suid-Afrikaners sonder politici soveel meer in gemeen het as net hierdie pragtige stuk aarde aan die suidpunt van Afrika. Ons het dieselfde sin vir humor, ons is sag, liefdevol, ver­ gewensgesind... en eintlik streef ons almal na dieself­de dinge.