kykNET Julie 2017 | Page 32

#hadidas Voel vir ’n voël ’n Kort maandelikse rubriek oor die irritasies in die lewe en hoe ’n mens dit oorkom. D Deur Pierre Breytenbach aar’s bittermin hadidas van die lewe wat my deesdae nog rooigesig maak. Rasdebatte op sosiale media, Springbokrugby, die petrolprys, ja. Maar ook nie skarlakenrooi nie, net so effe van ’n rouge. Ek hou my darem meestal in. Tog maak die ware hadidas van die lewe my onmenslik die hel in. Die regte ding. Bostrychia hagedash. Vir hulle raak ek rooi. Propper rooi, soos daai neonlig wat bo-op die dak sit by Stormvoëlweg se Teazers. Dis nie dat ek voëls verpes nie. Inteendeel. Ek sit al die laaste twee somers en kyk hoe ’n wewer in die papierbas voor my kamervenster probeer nesmaak. Gretige bouertjie, maar nie die slimste kuiken uit die broeisel nie. Elke somer bou hy omtrent agt skewe nessies. Die buurt se wewermeisies hou nie veel van sy weefwerk nie. Nes hy dink dis nou sulke tyd, breek hulle die goed af. Foeitog, dat die drang om te teel ’n voël so kan opwerk. Pre­ toria-Oos se wewermeisies. Hardegat. ’n Hadida maak my gesig dieprooi. EFF-rooi! Kyk, ek weet so te sê alles oor die ding; moenie vir my probeer klasgee nie. Lang lewe, monogamisties, endemies, en boonop wonderlik vir jou grasperk. Vreet al wat pesgogga en kommandowurm is, belug #WieIsEk? Wie is ek? Weet jy wie se babafoto’s is dié? Hier is ’n paar wenke. • Sy het op Estcourt, KwaZulu-Natal, groot­­geword en in Bloemfontein gestudeer. • Ná haar studie het sy agtien maande lank in Londen gewoon. • Die naam van die karakter wat haar bekend gemaak het, is Katryn Bekker. 32 • Sy werk voor én agter die kameras op een van kykNET se gewildste programme. Kyk op bl. 33 wat die antwoord is. kykNET | JULIE 2017 die grond met hulle lang snawels, ensomeer, ensomeer. Ja, ek verstaan, maar hadidas (soos my tienerdogters) kom met issues. Wanneer jou twee jack russells dit regkry om drie groot sakke hondepille per week uit hulle Eezi-Feeder te eet – want hulle eet al lankal nie meer alleen nie –raak die oortrokke fasili­ teit op jou kredietkaart met elke week se groceries ál groter. Wanneer jou gesin Sondagoggend in die kar klim, en jy staan met jou mooi klere aan, besig om ’n konglomerasie van blertse van jou voorruit af te was, hang jou vuil das heeloggend hier onder jou neus. Wanneer ’n swerm om 04:15 in die oggend op die nok kom sit en hulle hart uitskree, lê jy wakker en wonder of jy weer vandag op stel aan die slaap gaan raak, want jy’t tot halfeen nog gesit en woorde leer, en dis vandag ’n 12 uur-werkdag by Die Sepie. Op sulke oomblike is hadidas die grootste verpesting op die planeet. Niks kan daarby kers vashou nie! Niks! Wel, behalwe miskien ’n mayna. Ek weet die departement van omgewing- sake het hulle genaturaliseer, en noem hulle nou die “Indiese spreeu”, maar ek kan dit net nie oor my lippe kry nie. Nee.