kykNET Julie 2017 | Page 30

Japie se gunsteling (Kook en Geniet, 2012) #KookEnGeniet JY BENODIG Die gunsteling der gunstelinge As daar een resep is wat oor en oor uit Kook en Geniet gemaak word, is dit Japie se gunsteling. D 30 ie skrywer van Kook en Geniet, die legendariese mev. S.J.A. de Villiers (of Ina, soos sy genoem is), het haar kook geken. Wanneer iemand haar man, Japie, gevra het watter van haar resepte sy gunsteling is, het hy altyd gesê dis die gebakte lemoenpoeding. Dié poeding is later herdoop tot “Japie se gunsteling” en het deur die dekades heen ’n groot gunsteling gebly. As ’n mens op die internet gaan rond­ krap, sien jy die resep word reg oor die wêreld gedeel – van Nederland tot Kana­ da. Op die webblad www.smulweb.nl is daar onder die opskrif “Afrikaanse keu- ken” byvoorbeeld ’n volledige resep vir Japie se gunsteling. Op Pinterest beskryf die kostydskrif Taste die nagereg as “the ultimate winter pud”. En op die webwerf www.forkd.com het ene F. Jordaan geskryf: “This comes from Kook en Geniet (Cook and Enjoy), the bible of South Afri­ can cookery. I’ve loved this pudding as long as I can remember: my grandmother made it, so did my mother, and now, so does my wife”. Suid-Afrikaners stem saam. “Suikersoet lemoen-spons-souserige dekadensie. Alles • 3 groot eiers, geskei • 190-375 ml (¾-1½ koppie) strooisuiker • 375 ml (1½ koppie) melk • 100 ml koekmeel • 310 ml (1¼ k) lemoensap • 30 ml (2 eetlepels) suurlemoensap • gerasperde geel skil van 1 lemoen • 45 ml (3 eetlepels) botter of margarien, gesmelt SÓ MAAK JY 1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Klits die eiergele, voeg die suiker by en klits dit tot lig en donserig. 2 Voeg die helfte van die melk by en klits totdat die suiker opgelos is. Klits die meel en die res van die melk by. 3  Voeg die lemoen- en suurlemoen- sap asook die skil en die gesmelte botter by. 4 Klits die eierwitte styf en vou dit in. 5 Skep die beslag in ’n gesmeerde oondvaste bak. Sit die bak in ’n pan met kookwater en bak dit vir sowat 45 minute tot mooi goud- bruin. Dit vorm ’n fyn kors bo-op en ’n sous onderin. in een bak. Hoe kan mens nié daarvan hou nie?” sê-vra Nadine Petrick. Erica Wessels onthou dadelik haar pa wanneer sy aan Japie se gunsteling dink. “My suster Liezl het elke Sondag dit óf malvapoeding vir my pa gemaak, maar Japie se gunsteling was sy gunsteling. Ek kan sy tjoepstil kouende mond en sagte glimlaggende oë met elke hap so goed onthou,” sê sy. “Laat my dink aan Sondagmiddagete,” sê Polkie Trollope. “Ons noem dit die poeding met baie skottelgoed, maar dis die moeite werd! Absoluut heerlik.” En hoe onthou die Kokkedoortjie- beoordelaar Mari-Louis Guy haar eerste happie? “Hoofstraat in Lutzville, ouma Max se huis. Groot etenstafel met hoë stoele. Nie ’n mooi poeding nie, het ek gedink. Vyf jaar oud, een hap en ’n leeftyd van effense verliefdheid op ene Japie.” In 2012, toe Kook en Geniet die magiese verkoopsyfer van 1 111 111 verbysteek, het Ina se dogter, Eunice van der Berg, Vir meer in ’n onderhoud in Die Burger vertel inligting oor hulle het vir die 2009-uitgawe die Kook en Geniet bestanddele vir Japie se gunsteling gaan na vermeerder omdat die oorspronklike kyknet.tv resep gewoonlik te min was! Kook en Geniet Woensdae om 20:00 op kykNET, kanaal 144 kykNET | JULIE 2017