kykNET Julie 2017 | Page 3

i nhoud JULIE 2017 Dié winter bring nuwe, beter dinge ‘M aak in die somer hout byme- kaar, en sit in die winter by die vuur,” het C.J. Langenhoven geskryf. Ook hier by kykNET is hard gewerk sodat ons kykers dié winter meer as genoeg het om te kyk. Om al die nuwe programme plus ons bestaande programme in ’n skedule in te pas het intense beplanning gekos. Ons besef dit gaan aanpassing vra, maar ons mik vir meer vars inhoud oor naweke. Getroud met Rugby skuif van 10 Julie af na 21:00 op die kykNET-kanale DStv 144 en 145. Suidooster word van dieselfde datum af om 18:30 uitgesaai op kykNET en kykNET&kie, wat beteken kykers op al twee dié kanale kan om 19:00 die Afrikaanse nuus kyk. Jan Braai en Elana Afrika- Bredenkamp Ons voorbladgesigte, Jan Braai en Elana Afrika-Bredenkamp, is Suid-Afrikaanse ikone. Jan is terug met nog ’n reeks van Jan Braai vir Erfenis wat op 14 Julie begin, en Elana is Madam Speaker in die splinter- nuwe komedie-speletjiesprogram Parlement Parlement, wat op 10 Julie begin. Aanhangers van Die Boekklub sal bly wees om te sien dié gewilde reeks is van 11 Julie af terug. Die eerste reeks het ’n rits toeken­ nings gewen, en met die tweede reeks gaan kykers beslis weer vasgenael wees. Ander programme wat in Julie begin, sluit in: • Hond se Gedagtes op 4 Julie; • Kook en Geniet op 5 Julie; • D  ie Legendes van Afrikaanse Musiek op 6 Julie; • Oppiestoep op 7 Julie; • Jý Geld op 9 Julie; • Elke Skewe Pot op 10 Julie; en • Jou Show op 15 Julie. Dit is vir ons lekker om van ons kykers en van Digityd se lesers te hoor. Doe zo voort, asseblief. Ons is hier omdat julle ons ondersteun. Geniet die koue maand van Julie – ons sien mekaar weer op 6 Augustus wanneer die volgende uitgawe van Digityd verskyn. Karen en die kykNET-span 4 | Parlement Parlement Elana Afrika-Bredenkamp gesels oor haar nuwe rol as Madam Speaker 6 | Jan Braai Kom sit aan saam met Jan Braai vir ’n bord kos en ’n glas wyn 8 | Die Boekklub Hanli is maar net een van Nicole Holm se rolle. Ons gesels met haar oor die teater, TV, moederskap... 10 | Die Boekklub Hier is alles wat jy moet weet oor die nuwe reeks 13 | Overture In Julie wys ons vyf Suid-Afrikaanse kunstenaars wat op oorsese verhoë naam gemaak het 14 | TV-skedules Al drie die kykNET-kanale se programme op een plek! 25 | Krotoa Die fliek wat ons almal behoort te sien... oor ons almal se stammoeder 26 | Jý Geld Ons gesels met Lynelle Kenned, aanbieder van die nuwe program oor finansies vir vroue 28 | Kokkedoortjie Ons wenner toor met pannekoekbeslag! 30 | Kook en Geniet Ken jy Japie se gunsteling? Hier’s die (groter) resep 32 | Hadida Uitgewer: In Context Redakteur Ilza Roggeband Besturende redakteur Peter van Noord Kunshoof Monique Mouissie Vir kykNET Direkteur: kykNET-kanale, M-Net Karen Meiring Hoof van bemarking en publisiteit: kykNET-kanale Angerie van Wyk Skakel- en mediabestuurder Suzaan Keyter kyknet.co.za kykNETtv Medewerkers Herman Lategan, Johan van Zyl, Louis Pretorius, Philip de Vos, Gielie Hoffmann, Gerda Engelbrecht, Pierre Breytenbach en Marianne Thamm Foto’s verskaf deur kykNET (tensy anders vermeld) Kontak kykNET 011 686 6000 [email protected] @kykNETtv Teksredigering Peter van Noord en Johan van Zyl kykNETtv Pierre Breytenbach pruttel oor die klein irritasies. Dinge soos, wel, hadidas... 32 | Wie is ek? Vir dié blonde vrou wil ’n mens net in sang uitbars 33 | Blokraai Die versteekte woord gaan jou kombuis toe laat draf 34 | Rubriek Hoe raak jy lief vir Suid-Afrikaners? Kyk werklikheidsreekse, sê Marianne Thamm JULIE 2017 | kykNET 3