kykNET Julie 2017 | Page 27

Lynelle se gunstelinge EETPLEKKE • Bocca – Kaapstad • La Parada – Kaapstad • Foxcroft – Kaapstad KOSWINKELS • Wellness Warehouse • Woolworths • Food Lover’s Market KOSERVARING In 2014 het ek ’n ses­ gangete by Chapter On­e, ’n Michelin-restaurant in Dublin, Ierland, geniet. Die hoogtepunt was ’n Ierse koffie wat van scratch af by jou tafel gemaak word. WYN Diemersfontein Coffee Pinotage KOS OM SELF TE MAAK • Oondgebraaide varklies • Lamsbredie met kool • ’n Ontbytsmoothie AFGEMERKTE ITEMS OP HAAR EMMERSKOPLYS • Tandem-skermsweef • Warmlugballon • Haaitenkduik VOLGENDE OP HAAR EMMERSKOPLYS Valskermspring daar weer ’n reeks vertonings van West Side Story is. Haar reis na Kambodja is die regte doepa vir die besige maande wat voorlê. AS KUNSTENAAR het sy een van haar grootste finansiële lesse by haar ma geleer. “In daardie twee maande by die huis het my ma gesê: ‘Begin dadelik geld wegsit en kry lewensversekering.’ Hierdie benadering maak dat ek nooit te veel geld uitgee terwyl dit goedgaan nie. Ek vertrou daar sal werk oor my pad kom, maar verkies om slim te werk met my geld.” Haar enigste bederf is reis, iets wat sy as ’n soort belegging in haar loopbaan beskou. “Dit verbreed my horisonne en verleen diepte aan my vertolkings.” Tussen­deur geur sy haar lewe met kos en avontuur. Ons groet in die parkeerterrein. Weke tevore het ek haar sien optree as mede-aan- bieder van die ATKV-Mediaveertjies se glansaand. Toe het ek gedink sy is talentvol. Nou weet ek sy is meer as dit. Sy laat niks aan die geluksgodin oor nie – of sy nou as operasanger, akteur, aanbieder of sanger in musiekblyspele optree. Sy beweeg naatloos tussen haar verskillende rolle – met entoesi- asme, grasie en selfvertroue. En ons is die gelukkige toeskouers. Vir meer inligting gaan na kyknet.tv 27 Jý Geld Vanaf Sondag 9 Julie op kykNET, kanaal 144 JULIE 2017 | kykNET