kykNET Julie 2017 | Page 12

Emma Renzi saam met Tobie Cronje nadat sy haar Fiësta ontvang het. Ben Schoeman #overture Nellie du Toit Wêreldklas! Op kykNET word klassieke musiek nie afgeskeep nie, en in Julie is dit ook nie anders nie. Op dié maand se vyf Sondae bring ons hulde aan vyf Suid-Afrikaners wat hier en in die buiteland naam gemaak het. Die musiekkenner Philip de Vos vertel meer. FOTO’S PHILIP DE VOS EN VERSKAF D ie afgelope paar jaar het talle Suid-Afrikaanse sangers, van wie Pretty Yende sekerlik die bekendste is, hulle deur hulle optredes bewys as musici wat by enigiemand ter wêreld kan kers vashou. Maar daar is ook ander uit die verlede én die hede op wie ons kan trots wees. 2 Julie EMMA RENZI is in 1926 gebore en was in baie opsigte een van die eerstes: Die eerste Suid-Afrikaner wat in La Scala in Milaan sing, die eerste Suid-Afrikaner by die Edinburgh-fees, en van die eerste sangers by die opening van die Staats­ teater in Pretoria en die destydste Nico Malan-operahuis in Kaapstad. Sy was ook die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat feitlik reg oor Italië welslae behaal het en daarna haar talent as sangdosent in Suid-Afrika kom terugploeg het. Op skool wou sy ’n dokter word. 9 Julie 12 NELLIE DU TOIT is in 1929 gebore en is een van ons mees geliefde soprane. Sy is die ontvanger van drie Nederburg-pryse vir haar operarolle by die destydse Kunsterade, met Lucia di Lammermoor en Madame Butterfly van haar grootste rolle. Vir laasgenoemde was sy in 1970 ’n fina­lis in die wêreldwye Madame Butterfly- kompetisie in Japan. Sy word vandag nog onthou vir haar ligte musiekoptredes saam met Gé Korsten. Sy is die trotse ma van vier dogters – een van hulle, Christine Crouse, was artistieke direkteur van Kaap­ stad-opera en regisseur van talle operas. derwys sy sou nie omgegee om ’n tenoor te wees nie, al is dit net om “Nessun dorma” te kan sing. 16 Julie 30 Julie MICHELLE BREEDT is ’n Suid-Afri- kaansgebore mezzosopraan wat gereeld by die feeste in Bayreuth, Duitsland, en Salzburg, Oostenryk, optree. Sy het ook ’n verbintenis met die Wigmore Hall in Londen en Carnegie Hall in New York, en kom steeds Suid-Afrika toe om haar sangkennis en talente met liederoptredes en sangonderrig te deel. Van haar vertol­ king in die moderne opera The Passenger is gesê buiten vir haar sang is ook haar toneelspel ’n Oscar werd. Sy sê grappen­ 23 Julie ELZA VAN DEN HEEVER sing in die groot operahuise van die wêreld, plekke soos die Weense Opera en die Metro- politan in New York. Veral in New York maak sy opslae, en gelukkig kan ons haar optredes ook hier geniet met die Met se opnames wat plaaslik in Ster-Kinekor- teaters gewys word. BEN SCHOEMAN is vroeg in die dertig en word beskou as een van Suid-Afrika se voorste pianiste. Hy het al met menige prys weggestap – die eerste was as die algehele wenner van Unisa se Internasio- nale Klavierkompetisie in 2008. Die kom- ponis Stefans Grové het sy Concerto vir klavier, tjello en orkes aan Anzél Gerber en Ben opgedra, en dis oor dié kompo- nis waaroor Ben ’n doktorale proefskrif voltooi het. Hy het op vier begin viool­les neem, maar die klavier het geseëvier. Overture Sondae om 14:30 op kykNET, kanaal 144 kykNET | JULIE 2017