kykNET Julie 2017 | Page 11

Vir meer ’n wulpse verpleegster ontmoet. Hy inligting gaan en Petro raak dolverlief en maak na kyknet.tv planne om saam Kanada toe te gaan. Sy besef egter hy is nie oor die dood van sy vrou nie en aan die einde vertrek hy alleen Kanada toe. WAARNA KAN JY UITSIEN? ANRICH HERBST NICOLE HOLM KARLI HEINE verhouding begin stadig krake wys. Hulle gaan deur diep waters en sy oorweeg selfs ’n affair, maar uiteindelik vind hulle mekaar en hernu hulle huwe- liksbeloftes. Op dié dag vind sy uit sy is swanger, en sy en Johan moet vrede maak met die feit dat hulle weer ’n kind gaan grootmaak. HERMAN (Arno Marais) Herman ontmoet vir Altus (Louw Venter), Tom se beste vriend, en deur hom erken hy uiteindelik wat hy nog altyd geweet het: Hy is gay. Dit lei tot die verbrokkeling van sy verhouding met sy pa (Chris van Niekerk), maar deur Anna en Altus se hulp raak hulle tog versoen. Aan die einde deel hy en Altus ’n eerste soen en neem Herman die eerste tree tot vol- waardige menswees. GERWIN (Lee-Ann van Rooi) Gerwin doen haar bes om die kinders in die distrik op te voed. Deur een van haar pro­jekte ontmoet sy vir André (Luka Geldenhuys), ’n hardkoppige seun. Hy kruip egter diep in haar hart in, en as sy ma tronk toe gaan, neem sy hom aan. Gerwin ontwikkel ’n hegte vriendskap met Tom. GERT (Paul du Toit) Gert rou oor sy vrou, wat ’n jaar tevore aan kanker oorlede is. Dinge verander egter as hy • In die tweede reeks moet Tom die finale treë tot volwassenheid neem en uiteinde- lik leer dat hoop en die werklikhede van die lewe nie altyd dieselfde ding is nie. • Gerwin moet ’n balans vind tussen haar begeerte om ’n verskil te maak in die gemeenskap, die grootmaak van haar seun en haar liefdeslewe. Want as Gerwin eerlik is met haarself, is sy soms alleen. • Sophia en haar hanslamseun sit stééds vas oor elke moontlike ding, maar hulle is selfs nóg nader aanmekaar. Dit gaan klop- disselboom met haar Tobias (Cedwyn Joel)... tot sy eendag onraad vermoed. • Hanli word ’n derde keer in haar lewe ma, en dis op veertig maar ’n stryd. Dit gaan goed met haar en Johan, maar haar lewe word op sy kop geleer as haar oudste dogter, Kara (Karli Heine), skielik terug­ keer huis toe. • Herman en Altus (in die nuwe reeks vertolk deur Stian Bam) se verhouding gaan van krag tot krag, en dan doen Altus skielik iets wat Herman die minste verwag en sy lewe in ’n hele nuwe koers stuur. • Vir Anna gaan die lewe aan soos nor- maal en sy en Jan is baie gelukkig, maar deur die loop van die reeks word Anna tot die uiterste beproef en sy moet aanvaar dat sy ook maar net mens is. • Lillie is aan die begin van die tweede reeks steeds in Parys. • Gert is gelukkig in Kanada. NUWE KARAKTERS BY DIE BOEKKLUB ARNO MARAIS • KARA is Hanli se do gter en sy keer terug na Merweville. Dis ’n bron van groot kommer vir Hanli, maar vir Kara is dit ’n kans om haar batterye te herlaai. Sy voel uitgebrand en het nodig om te herbesin oor haar lewe. En watter beter manier is daar as om by die boekklub aan te sluit? (In die tweede episode sluit daar ook twee nuwe karakters by die storie aan, maar wie hulle is en hoekom hulle daar is, sal die kykers eers later ontdek.) LUKA GELDENHUYS • LOURENS (De Klerk Oelofse) is die nuwe speurder op die dorp en ontmoet Tom en Anna op onverwagse maniere. Hy sluit aan by die boekklub, en deur die loop van die reeks onderneem Lourens ’n reis waar hy ontdek presies waartoe hy alles in staat is. LEE-ANN VAN ROOI Die Boekklub Vanaf Dinsdag 11 Julie om 20:00 op kykNET, kanaal 144 JULIE 2017 | kykNET 11