kykNET Julie 2017 | Page 10

#DieBoekklub DE KLERK OELOFSE DIE BOEKKLUB II Wat jy moet weet Louis Pretorius, wat saam met Albert Snyman nie net ’n ATKV-Mediaveertjie nie, maar ook ’n Safta-toekenning gewen het vir hulle draaiboek van Die Boekklub, vertel meer oor die tweede reeks wat op 11 Julie begin. DIE STORIE TOT DUSVER TOM (Armand Aucamp) Tom erf sy ouma se gastehuis op Merweville. Hy moet vir ’n jaar bly of hy verbeur sy erf- porsie. In sy jaar op Merweville raak hy betrokke by sy ouma se boekklub en ont- moet ook vir Lillie, Anna Uys se kleindog- ter, iemand met ’n moeilike verlede. Hulle raak verlief, maar hulle verhouding bereik ’n breekpunt wanneer sy ontdek waaroor sy boek gaan. Uiteindelik versoen hulle op die aand van haar vertrek na Parys. Aan die einde van die eerste seisoen keer Tom terug na Merweville om vir Lillie te wag. LILLIE (Christia Visser) Lillie kom herstel by haar ouma nadat sy in Rome verkrag is. Sy neem foto’s en sluit by die boekklub aan. Sy ontmoet Tom eendag wanneer sy kaalfoto’s in die veld neem. ANNA (Jana Cilliers) Sy is die plaaslike kruiedokter. Sy dra ’n geheim met haar saam: Sy’t ’n genetiese harttoestand en het ’n jaar oor om te lewe. Terwyl sy naarstiglik probeer om almal om haar te red stort sy ineen. Sy kry ’n nuwe hart en maak vrede met die feit dat iemand anders gesterf het sodat sy kan oorleef. ARMAND AUCAMP Hulle begin later ’n verhouding, al hou sy aan die begin nie veel van hom nie. Aan die einde van die eerste reeks kry sy ’n geleentheid om Parys toe te gaan. SOPHIA (June van Merch) As haar ven- noot, Bettie Niemand, skielik sterf, erf sy saam met Tom die gastehuis. Sy beskou dit as haar plig om hom pak te gee tot hy luister. Aan die begin sukkel sy en Tom om mekaar te vind, maar hulle word uiteindelik soos ma en seun. Haar hart oorleef byna nie wanneer Tom Merwe­ville verlaat nie, maar gelukkig keer hy terug. HANLI (Nicole Holm) Hanli is op die oog af stralend gelukkig, maar haar en haar man, Johan (Anrich Herbst), se JUNE VAN MERCH JANA CILLIERS STIAN BAM 10 kykNET | JULIE 2017