kykNET Augustus 2017 | Page 8

#aktualiteit OP REKORD kykNET se aktualiteitsprogramme skroom nie om omstrede onderwerpe aan te roer nie. Hier is enkele van die aanhalings uit gesprekke die afgelope tyd. – Kotie Lamprecht, wat ’n plaasaanval oorleef het waarin haar man gesterf het, 1 Mei, Prontuit ‘It was obvious to me that we need to incorporate millennial thinking in terms of our corporate strategy.  The workforce is now made up by a majority of millennial leaders, these are our official leaders.’ – Sihlalo Jordan, adjunk- uitvoerende beampte, Deloitte Afrika, 4 Julie, Winslyn ‘Inequality has grown during the period of democracy.’ – Mac Maharaj oor ons land se grootste uitdagings tans, 12 Julie, KN Verslag: In Gesprek – Dawie Roodt, ekonoom, 27 Junie, Winslyn ‘Die amp van Openbare Beskermer is nou gevoeg by die lang lys van demokratiese instellings wat deur die ANC verwoes is sodat hy sy greep op die mag kan behou.’ – Waldimar Pelser, 12 Julie, KN Verslag: In Gesprek ‘Sjoe, ’n mens kan net hoop.’ – Phillip de Wet, adjunkredakteur van Mail & Guardian, op ’n vraag of die omstrede Gupta-familie se dae in Suid-Afrika getel is, 10 Julie, KN Verslag ‘Die media word soos diere in hokke toe- gesluit sodat hulle nie by die afgevaardigdes kan uitkom nie.” – Tim du Plessis, kykNET se hoof van aktualiteit, oor hoe die ANC die media by sy beleidskonferensie aan bande probeer lê het, 3 Julie, KN Verslag 8 ‘ ’n Mens wonder tog watse boodskap Suid-Afrika na veral die Westerse wêreld uitstuur as hy diktators soos Omar Al-Basjir omarm.’ – Riaan Cruywagen in ’n gesprek oor die Internasionale Strafhof se beslissing dat Suid-Afrika verkeerd opgetree het deur nie die Soedannese president in hegtenis te neem nie, 6 Julie, KN Verslag ‘Ouers kan nie die taak van onder- rig in die breë, ook godsdiens­onderrig, eenvoudig aan ’n kerk of skool uitkontrakteer nie.’ – Dr. Jaco Deacon van Fedsas ná die hofuitspraak oor godsdiensbeoefening in skole, 3 Julie, Prontuit kykNET Verslag Maandae, Dinsdae en Donderdae om 21:30 op kykNET, kanaal 144 kykNET Aktueel: Prontuit Maandae om 22:00 op kykNET, kanaal 144 kykNET Aktueel: Winslyn Dinsdae om 22:00 op kykNET, kanaal 144 kykNET Verslag: In Gesprek Woensdae om 21:30 op kykNET, kanaal 144 kykNET | AUGUSTUS 2017 ‘Mense hoor daar is ’n (plaas)aanval, maar hulle besef nie watter hel in daai kamer of vertrek aangaan nie.” ‘Die een enkele ding wat ons geldeenheid vandag ondersteun, is vertroue.’