kykNET Augustus 2017 | Page 6

#DieBoekklub UIT DIE BOEKE! Hulle kan met reg Suid-Afrikaanse toneeladel genoem word: Jana Cilliers en Antoinette Kellerman. En albei is te sien in die nuwe reeks van Die Boekklub. Ons vra hulle uit oor boek- en ander sake. FOTO’S NARDUS ENGELBRECHT Jana Cilliers Anna Uys is ’n heer­ like karakter om te speel, sê Jana Cil­ liers. “Sy is reguit en sonder frills. Sy sê goed wat ’n mens net kan droom om te sê. As bossiedokter en siener kom sy oor as aweregs en in haar eie wêreld gekeer. Tog het sy ’n opregte goedgesindheid teenoor ander. Sy’s beslis ’n vrou met karakter en skrik nie vir kabouters nie. In die tweede reeks wag daar wel ’n nuwe uitdagi