kykNET Augustus 2017 | Page 4

VOORBLADMODEL ANLIA VAN RENSBURG FOTO JUSTIN MUNITZ

Augustusmaand is Vrouemaand !

Dis weer Vrouemaand , en dis fan tasties hoe veelsydig ons kykNETvrouekunstenaars is . Dié uitgawe wy ons aan al die kykNET-vroue voor én agter die kameras . Nie net gaan ons inloer by Sarie se Voorbladgesig-kompetisie en gesels met die sjarmante redakteur , Michélle van Breda , nie , maar ons kry ook hond se gedagtes met Lizma van Zyl .

Die tweede seisoen van Die Boekklub boei kykers al klaar , en wat ’ n voorreg is dit nie om vir Jana Cilliers én Antoinette Kellerman in die reeks te sien nie ! Lees gerus op bl . 6 hoe hierdie twee legendes mekaar oor die jare leer ken het .
Op ons drie kykNET-kanale vier ons vrouwees elke dag . Dit gaan doller as kopaf
Anlia van Rensburg in Getroud met Rugby .
met die vroue van Elke Skewe Pot , en Elana Afrika-Bredenkamp het haar die afgelope paar weke bewys as ’ n gerekende Madam Speaker in die komedie-speletjiesprogram Parlement Parlement . In Groen : Namibië kweek ons waardering vir Marlice en haar toegewyde man , Rudie , oor hulle passie en toewyding aan die rehabilitasie van wilde diere én ons kry ’ n blik op die sonderlinge skoonheid van die Namibiese landskap .
Ons vier die sukses van mev . S . J . A . de Villiers met ’ n reeks oor haar ikoniese resepteboek , Kook en Geniet , waarsonder ons sekerlik nooit behoorlik sou kon kosmaak nie ! My eie eksemplaar het ek in 1981 by my ma gekry , en glo my , dit het my vermoëns as kok dramaties verbeter .
Augustus is ook die maand van kykNET se gewilde Silwerskermfees in Kampsbaai , Kaapstad . Vanjaar brei ons die fees uit met Theatre on the Bay wat bykom om só meer fliektyd te skep vir liefhebbers . Hou asseblief kykNET . tv en kykNET se Facebookblad dop vir die skaars geleentheid om kaartjies na eksklusiewe vertonings te bespreek . Net ’ n beperkte aantal kaartjies word beskikbaar gestel . Sien julle op die reeds geliefde “ Boere-Riviera ” in Kampsbaai !

Karen en die kykNET-span

AUGUSTUS 2017

inhoud

4 | Getroud met Rugby
Anlia van Rensburg sê sy sukkel om vir Sasha op die stel te los
6 | Die Boekklub
Jana Cilliers en Antoinette Kellerman , gesels , wel , boekstukke !
8 | Op rekord
Kyk wat is die afgelope ruk op ons aktualiteitsprogramme gesê
10 | Die Groot Ontbyt
Rouchelle Liedemann-Marais straal behoorlik ’ n goue aura uit
12 | Bravo !
Weet jy wat is # kyrafied ? Ontmoet die vrou agter Tracey Lange se voorkoms
14 | Sarie Voorbladgesig
Nou kan kykers elke stap van die soektog volg
16 | TV-skedules
Al drie die kykNET-kanale se programme op een plek
24 | Silwerskermfees
Hier is vanjaar se Première-flieks ... en op kykNET wag ’ n fliekfees in Augustus !
26 | Hond se Gedagtes
Lizma van Zyl sukkel om nié te byt as diere mishandel word nie
28 | Koekedoortjie
Staan nader , jongelinge , dis tyd om julle bakvaardighede te wys
30 | Woema
Wie ’ t gesê net mans kan gesels oor vinnige rygoed ?
Vir kykNET Direkteur : kykNET-kanale , M-Net Karen Meiring
Hoof van bemarking en publisiteit : kykNET-kanale Angerie van Wyk
Skakel- en mediabestuurder Suzaan Keyter
@ kykNETtv
kyknet . co . za
Kontak kykNET
011 686 6000 kyknet @ kyknet . co . za
kykNETtv
kykNETtv
Uitgewer : In Context
Redakteur Ilza Roggeband
Besturende redakteur Peter van Noord
Kunshoof Monique Mouissie
Teksredigering Peter van Noord en Johan van Zyl
Medewerkers Cyril Blackburn , Herman Lategan , Mari-Louis Guy , Louw Venter , Gerda Engelbrecht en Piet Matipa
Foto ’ s verskaf deur kykNET ( tensy anders vermeld )
32 | Hadida
Ag nee man , eet wat op jou bord is , raas Louw Venter
32 | Wie is ek ?
Sy kan op haar hande staan én regop bly op ’ n skateboard ...
33 | Blokraai
Jip , daar ’ s weer ’ n prys op die spel
34 | Rubriek
Piet Matipa verstaan hoekom Adam daai appel geëet het ...
3
AUGUSTUS 2017 | kykNET