kykNET Augustus 2017 | Page 30

#woema Wilmarie is vol woema! Die dae toe net mans oor vinnige rygoed kon praat, is lankal verby, en toe Woema ’n kompetisie hou om ’n vroue- aanbieder te kry, het Wilmarie Janse van Rensburg kop en skouers bo die res uitgestaan. Die media noem haar nie verniet “die vinnigste vrou op twee wiele in Afrika” nie. W aar kom jou liefde vir motor- sport en veral motorfietse vandaan? Hoewel my ma die eerste saadjie geplant het, dink ek ek is met die liefde gebore. Dis soos ’n warm vlam wat ek in my bors voel. Dis ook hoekom my gunste­ lingkleure pienk en oranje is – pienk vir my vroulike kant en oranje vir my vurige kant. Op die baan het jy al twee nodig! Wie het jou leer motorfiets ry? ’n Hoërskoolvriend, Verdun Boshoff, het ’n Honda 50 cc Dominator Fairing gehad. Ek wou met alle geweld leer ry. Hy het langs my gehardloop en verduidelik hoe om eerste rat te kry en weg te trek. Onge­ lukkig het hy vergeet om te sê hoe jy draai en stop... Maar ek het daai aand gedroom van ’n motorfiets en hoe ek op en af deur die ratte gaan. Die volgende dag was ek terug op die fiets. 30 Vir meer inligting gaan na kyknet.dstv. com/program/ woema Wat is die vinnigste wat jy al gery het? Ek kan nie die pre­ siese spoed onthou nie, maar dit was meer as 300 km/h. In my sport is die tyd per rondte belangriker. Elke deel van ’n sekonde is goud werd: Dis die verskil tussen eerste en tweede – of ’n rekord. Wie is jou held? Ek het nie een nie, maar my gunsteling- professionele motorfietsryer is Valentino Rossi. Ons is ewe oud en ek dink hy is ’n ongelooflike sportman. Dit maak nie saak wat verkeerd loop nie, hy glimlag altyd en kom sterker terug. Dis nie maklik om met jonger mense mee te ding nie. Hoe ouer jy word, hoe minder kanse vat jy. Hy steun steeds op suiwer talent, ondervinding en harde werk. Wat is jou gunstelingmotorfiets van alle tye? Die Kawasaki H2 Supercharged 1 000 cc. Watter byeenkoms sal jy graag nog wil bywoon? Die Moto GP in Mugello, Italië. Die baan is 5,2 km lank en meer as 100 000 mense woon die byeenkoms by. Wat was jou eie opwindendste oomblik in motorsport? My eerste sege in 1999 op die Midvaal- Kom vir die kos. BLY VIR DIE DRAMA. MEER OOR WILMARIE • Sy was die eerste vrou in Suid- Afrika wat mededingend ry op sogenaamde superbikes. Dis danksy haar dat supermoto-, motocross- en 600 cc superbike- wedrenne vir vroue hier begin is. • Wilmarie (37) het in 2006 Women in Motorsport begin (in samewerking met Motorsport Suid-Afrika). • Sy was 13 jaar lank die eie­ naar van Speed Queen Racing wat gespesialiseer het in die opleiding van motor­fietsbe­ stuur­ders – mans én vroue van alle ouderdomme. renbaan in Vereeniging. Ook my eerste internasionele podium in 2007 in Estoril, Portugal. Ek was die eerste en enigste vrou in SA Superbike Racing wat oorsee ’n plek op die podium kon kry. Wie bestuur beter: mans of vroue? Dis ’n moeilike vraag. Ek gaan eerder sê daar is sekere mans en sekere vroue saam met wie ek nie sal ry nie. Ek sit veral nie agterop ’n motorfiets nie. Woema Donderdae om 17:30 op kykNET, kanaal 144 kykNET | AUGUSTUS 2017 Party deelnemers moet meer as hul trots sluk in die eerste seisoen van Suid-Afrika se My Kitchen Rules. BEGIN 13 AUGUSTUS OM 18:00. MNET.TV/MKRSA