kykNET Augustus 2017 | Page 26

# SarieVoorbladgesig Mooi , mooier , voorblad

# SarieVoorbladgesig Mooi , mooier , voorblad

Sarie se Voorbladgesig-kompetisie is vanjaar ook op TV te sien , in sewe opwindende episodes .

Elke jaar skryf duisende vroue in met die hoop dat hulle die volgende Voorbladgesig van Sarie sal wees . Vanjaar kan kyk­ NET-kykers die kompetisie volg – van die oomblik wanneer deur die inskrywings gesif word tot met die aanwysing van die wenner . Daar is twee ouderdomskategorieë : een vir vroue tussen 18 en 30 , en een vir vroue van 31 jaar en ouer .

“’ n Gesig wat só treffend is dat dit onmiddellik ’ n konneksie met die leser maak en haar laat voel sy móét die tydskrif hê ,” sê die redakteur van Sarie ,
Michélle van Breda
Michélle van Breda , oor wat hulle in ’ n voorbladgesig soek . “ Mooi gelaatstrekke help , maar ’ n wenvoorblad gaan eerder oor ’ n emosie as ’ n voorkoms .”
Elke jaar word tussen 6 000 en 8 000 inskrywings ontvang waarvan die meeste uit Pretoria is . “ Pretoria bly loshande die wenner ,” sê Michélle . “ Vanjaar weer het dubbel soveel inskrywings uit Pretoria gekom as Kaapstad , wat in die tweede plek is . Ouderdomme het gewissel van 18 tot 75 , en glo my : Ons vroue lyk verstommende goed , ongeag hulle ouderdom .”
Sy sê dit is ’ n taai , uitmerglende proses om die finaliste te kies .
“ Aan elke iedere inskrywing word aandag gegee . Al hoe ons deur die duisende inskrywings kan werk , is om dit oor ’ n tydperk van baie , baie dae te doen , opgedeel in sarsies sodat ons vars bly en met ’ n geoefende oog kan bly kyk . Ons werk deur die massas tot ons 250 het . Daaruit kies ons dan 100 , daarna 40 ( lesers op Sarie se webblad kry ook kans om vir hulle gunstelinge te stem , en hulle top 4 gaan outomaties deur na die volgende ronde ), dan die laaste 20 en uiteindelik die finale 10 . “ Met elk van die tien word dan ’ n potensiële wenvoorblad oor drie dae in Johannesburg geskiet . Op die ou end is dit dié foto ’ s wat die gróót praatwerk doen . Die finale besluit lê by my en Hanri Gerischer , ons kunshoof . As ek en sy nie
Vir meer inligting gaan na kyknet . tv saamstem nie , rus dit op my skouers om finaal te besluit .”
Hoe dink sy gaan kykNET se betrokkenheid die kompetisie beïnvloed ?
“ Ek was eers onseker , want nie almal wil noodwendig op TV wees nie ,” sê Michelle . “ Maar almal omarm dit . Suid-Afrikaanse vroue , veral Sarie-lesers , bly my verbaas . Hulle is so reg vir ’ n uitdaging en doen dit met soveel pret en positiwiteit . Ek is bly die hele Suid-Afrika kan die reis van ons tien finaliste om daardie Oktober-voorblad te wen saam met ons meemaak . Ek is veral bly kykers kan sien hoe inspirerend ons vroue regtig is .”
SÓ VERLOOP DIE SOEKTOG
Episode 1 Derduisende inskrywings word by Sarie se hoofkantoor in Kaapstad gesif om uiteindelik die tien finaliste te kies . Episode 2 Wie is die vroue agter die finalisfoto ’ s ? Episode 3 Die tien finaliste neem plek in voor die kamera van een van Suid-Afrika se topfotograwe . Episode 4 Rozanne McKenzie van Flits deel wenke oor TV-aanbieding en die tien finaliste ontmoet die vorige sewe wenners van Sarie se Voorbladgesig-kompetisie . Episode 5 Sarie se kosredakteur , Herman Lensing , kook vir die finaliste . Episode 6 By Sarie se kantore moet besluit word wie op die Oktober-voorblad gaan wees . Episode 7 Die wenner word aangewys .
Sarie Voorbladgesig Maandae om 17:30 op kykNET , kanaal 144