kykNET Augustus 2017 | Page 2

i nhoud AUGUSTUS 2017 Augustusmaand is Vrouemaand! D is weer Vrouemaand, en dis fan­tas­ ties hoe veelsydig ons kykNET- vrouekunstenaars is. Dié uitgawe wy ons aan al die kykNET-vroue voor én agter die kameras. Nie net gaan ons inloer by Sarie se Voorbladgesig-kompetisie en gesels met die sjarmante redakteur, Michélle van Breda, nie, maar ons kry ook hond se gedagtes met Lizma van Zyl. Die tweede seisoen van Die Boekklub boei kykers al klaar, en wat ’n voorreg is dit nie om vir Jana Cilliers én Antoinette Kellerman in die reeks te sien nie! Lees gerus op bl. 6 hoe hierdie twee legendes mekaar oor die jare leer ken het. Op ons drie kykNET-kanale vier ons vrouwees elke dag. Dit gaan doller as kopaf Anlia van Rensburg in Getroud met Rugby. met die vroue van Elke Skewe Pot, en Elana Afrika-Bredenkamp het haar die afgelope paar weke bewys as ’n gerekende Madam Speaker in die komedie-speletjiesprogram Parlement Parlement. In Groen: Namibië kweek ons waardering vir Marlice en haar toegewyde man, Rudie, oor hulle passie en toewyding aan die rehabilitasie van wilde diere én ons kry ’n blik op die sonderlinge skoonheid van die Namibiese landskap. Ons vier die sukses van mev. S.J.A. de Vil­ liers met ’n reeks oor haar ikoniese resepte­ boek, Kook en Geniet, waarsonder ons sekerlik nooit behoorlik sou kon kosmaak nie! My eie eksemplaar het ek in 1981 by my ma gekry, en glo my, dit het my vermoëns as kok dramaties verbeter. Augustus is ook die maand van kykNET se gewilde Silwerskermfees in Kampsbaai, Kaapstad. Vanjaar brei ons die fees uit met Theatre on the Bay wat bykom om só meer fliektyd te skep vir liefhebbers. Hou asseblief kykNET.tv en kykNET se Facebookblad dop vir die skaars geleentheid om kaartjies na eksklusiewe vertonings te bespreek. Net ’n beperkte aantal kaartjies word beskik­ baar gestel. Sien julle op die reeds geliefde “Boere-Riviera” in Kampsbaai! 4 | Getroud met Rugby Anlia van Rensburg sê sy sukkel om vir Sasha op die stel te los 6 | Die Boekklub Jana Cilliers en Antoinette Kellerman, gesels, wel, boekstukke! 8 | Op rekord Kyk wat is die afgelope ruk op ons aktualiteitsprogramme gesê 10 | Die Groot Ontbyt Rouchelle Liedemann-Marais straal behoorlik ’n goue aura uit 12 | Bravo! Weet jy wat is #kyrafied? Ontmoet die vrou agter Tracey Lange se voorkoms 14 | Sarie Voorbladgesig Nou kan kykers elke stap van die soektog volg 16 | TV-skedules Al drie die kykNET-kanale se programme op een plek 24 | Silwerskermfees Hier is vanjaar se Première-flieks... en op kykNET wag ’n fliekfees in Augustus! 26 | Hond se Gedagtes Lizma van Zyl sukkel om nié te byt as diere mishandel word nie 28 | Koekedoortjie Karen en die kykNET-span Uitgewer: In Context Redakteur Ilza Roggeband Besturende redakteur Peter van Noord Vir kykNET Kunshoof Monique Mouissie Direkteur: kykNET-kanale, M-Net Karen Meiring Teksredigering Peter van Noord en Johan van Zyl Skakel- en mediabestuurder Suzaan Keyter Medewerkers Cyril Blackburn, Herman Lategan, Mari-Louis Guy, Louw Venter, Gerda Engelbrecht en Piet Matipa Hoof van bemarking en publisiteit: kykNET-kanale Angerie van Wyk kyknet.co.za Foto’s verskaf deur kykNET (tensy anders vermeld) Kontak kykNET 011 686 6000 [email protected] @kykNETtv kykNETtv kykNETtv Staan nader, jongelinge, dis tyd om julle bakvaardighede te wys 30 | Woema Wie’t gesê net mans kan gesels oor vinnige rygoed? 32 | Hadida Ag nee man, eet wat op jou bord is, raas Louw Venter 32 | Wie is ek? Sy kan op haar hande staan én regop bly op ’n skateboard... 33 | Blokraai Jip, daar’s weer ’n prys op die spel 34 | Rubriek Piet Matipa verstaan hoekom Adam daai appel geëet het... AUGUSTUS 2017 | kykNET 3