kykNET Augustus 2017 | Page 12

vir my gegee toe ek so vyf was . Hy wou my leer hoe om die tyd te lees . Wat lees jy op die oomblik ? Ek is pas klaar met Broken Monsters deur Lauren Beukes en Hierdie Lewe van Karel Schoeman – laasgenoemde is ongelooflik ! En nou lees ek Isabel Allende se eerste roman , The House of the Spirits . Watter karakter in ’ n boek sal jy graag wil vertolk ? In ’ n TV-reeks sal ek graag Eve Dallas ( die karakter in J . D . Robb se Death-boeke ) wil speel , maar helaas is ek te oud . In ’ n vollengte rolprent sal ek die ma van die hoofkarakter-verteller in Karel Schoeman se Hierdie Lewe wil speel . Wat onthou jy van jou eerste kennismaking met Jana ? Ek het Jana se werk geken en was ’ n groot bewonderaar , maar ons het mekaar eers ontmoet toe ons saam in Rain was . Ek onthou hoe beeldskoon sy van naby was en hoeveel selfvertroue sy uitgestraal het . Watter raad het jy vir jong mense wat hulle in die vermaakbedryf begewe ? Moet nooit moed opgee nie . Skep jou eie werk – berei jou so goed en wyd as moontlik voor en doen enigiets wat na jou kant toe kom waaruit jy kan leer en ervaring opdoen . En moenie bang wees om hard te werk en te baklei vir wat jy wil hê nie . As iemand jou ’ n oop begroting gee om enige produksie te vervaardig ... Ek is amper te bang om net een ding te noem . Dalk sou ek die vroulike Lear in Tom Lanoye se Koningin Lear op die verhoog wil doen , met Marthinus Basson as regisseur . Sjoe , dis voor op die wa van my ! Wou jy ooit iewers in jou loopbaan moed opgee ? O , baiekeer ! Veral as ’ n mens se bankreke ning krimp en jy nie weet hoe jy die dak oor jou kop gaan betaal nie . En dan is daar die tye wat ’ n mens só sukkel om ’ n rol te ontgin en vas te pen dat jy twyfel of jy nog in die bedryf hoort . Maar gelukkig kom daar altyd verligting of helderheid . Soms twyfel ek ook in my geloof in teatergangers en wonder hoekom ek dit doen . Sal jy ooit ophou speel ? Jou finale buiging voor die kameras of op die verhoog maak ? Ek weet nie . Die lewe loop sy draaie en ek volg maar die pad vir so lank ek kan .
Die Boekklub Dinsdae om 20:00 op kykNET , kanaal 144
Vir meer inligting gaan na kyknet . dstv . com / program / die-boekklub
AUGUSTUS 2017 | kykNET
7