kykNET April 2017 | Page 7

# phil101

Slimkop Bennie en die professor

Bennie Fourie was al by meer as een suksesverhaal betrokke . Een van die dae maak hy weer so – in die hoofrol van die splinternuwe komediereeks Phil 101 .

Wie sou kon raai dat die filosofiedepartement by ’ n universiteit vir sóveel komedie kan sorg ? Phil 101 volg die wel en weë van Phillip Coetzee

( Bennie Fourie ), ’ n idealistiese maar sosiaal wanaangepaste jong professor wat aan die diep kant ingegooi word wanneer hy as hoof van die departement filosofie by die Sentrale Universiteit van Suid-Afrika aangestel word .
Ander spelers in die rolverdeling is Frank Opperman , Pierre van Pletzen , Cintaine Schutte , Stiaan Smith , Marie Molefe van Heerden , Mila Guy en Philippus Boshoff . Die reeks is geskryf deur Jakus Eloff en die regisseur is Johan Cronjé . Bennie , Stiaan en Johan was ook deel van die span wat gesorg het vir die skreeusnaakse reeks Hotel , wat by die onlangse SAFTA-toekennings met twee pryse weggestap het : Bennie en Stiaan vir die beste draai-
Bennie Fourie met die SAFTA-toekenning wat hy en Stiaan Smith gewen het vir die teks van die kykNETreeks Hotel . boek vir ’ n TV-komedie , en James Borthwick as beste akteur in ’ n TV-komedie vir sy spel as die hotelbestuurder , Ferdie .
“ Natuurlik het ek gehoop ons staan ’ n kans , maar dit was nogtans ’ n groot verrassing ,” sê Bennie .
Die goeie nuus is dat daar ’ n tweede reeks van Hotel op pad is . “ Ek skryf op die oomblik aan die draaiboek . Ons skiet in Augustus en dit sal in Oktober uitgesaai word .”
Vir Phil 101 was hy net akteur . “ Dit was lekker om ’ n slag weer net voor die kameras te wees . Ek hou ook van Phil . Hy is sterk akademies , maar nie sterk op die sosiale front nie . Ek hou van die feit dat hy slim is en nie net nog ’ n fool in ’ n komedie nie . Die hele reeks is slim , hoewel jy nie ’ n graad in die filosofie nodig het om dit te verstaan nie .”
Dit was die eerste keer dat hy saam met Frank en Pierre gewerk het . “ Ek het nie drama gestudeer nie [ Bennie het ’ n B . Com . ( Regte ) agter sy naam ] en het amper gevoel of ek nie opgewasse is om teenoor hulle te speel nie . Ek het soos ’ n kleuter gevoel , maar wanneer die kameras begin rol het , was ons almal gelyk . Ons was almal daar om die beste reeks te maak .”
Hy glo Phil 101 gaan ’ n groot gehoor bereik . “ Dis nie net snaaks nie , maar Frank en Pierre gaan beslis help om ’ n wyer gehoor te trek . Die rolverdeling is ’ n goeie kombinasie van ouer en jonger spelers , en dit was vir my lekker om teenoor Cintaine , ’ n gesoute verhoogaktrise , te speel .”
Intussen is Bennie besig met die vollengte weergawe van Vuil Wasgoed , die kortfilm wat hom en Bouwer Bosch die toekenning vir die beste kortfilm besorg het by 2014 se Silwerskermfees . Hy is skrywer , vervaardiger én akteur . “ In die speelfilm word die storie verder ontwikkel . Die spelers is dieselfde , maar hierdie keer het ons ook vir Nico Panagio wat saam met Tim Theron die boewe speel . Die fliek word in Desember vrygestel .”
Daar is nóg ’ n fliek , een waaroor hy nog nie kan praat nie , en dan die droom om oorsee meer te gaan leer oor sketskomedie . “ Dit is ’ n kunsvorm . Dit is ook iets wat nie noodwendig as rolprent of TV-reeks versprei word nie . Kort sketse is beskikbaar op die internet en kan met selfone aangestuur word .” Herken mense hom al op straat ? Hy lag : “ Nee , nog nie . Dit pla my glad nie . Die enigste rede hoekom ek wil hê mense moet my herken , is omdat ek baie graag meer as seremoniemeester wil werk . Ek love dit . Dis egter werk wat jy net kry as jy bekend is .” Nie meer lank nie , Bennie , nie meer lank nie .
Phil 101 Vanaf Maandag 10 April om 20:30 op kykNET , kanaal 144
7
APRIL 2017 | kykNET