HIER’S
DIE 10
Tien jong kokke. Twee beoordelaars wat hulle proe ken. En aan die einde
word net één van die tien aangewys as Suid-Afrika se eerste Kokkedoortjie. Uit
’n magdom inskrywings van aspirantkokke is slegs 150 genooi om na die oudisies
in Bloemfontein, Johannesburg en Kaapstad te kom. Hiervoor moes hulle ses
kolwyntjies saambring én ’n kombuistoets doen waar hulle ’n sunny side up-eier
op brood moes maak. Uiteindelik is op die volgende tien finaliste besluit.
Mikael Morkel (10) van
Centurion kook al van
kleintyd af saam met sy
ma, Jacqueline. Klaredy van Wyk (11) is
van Hartbeespoort en haar
ouers, Francois en Heleen,
het haar leer kook. Thali Hugo (11) is van
Wellington en het by haar
ma, Aletha, leer kook. Christian Cloete (11) is
van Stellenbosch en sy ma,
Martmarie, het hom in die
kombuis touwys gemaak. Jarique Eilers (12)
is van Daniëlskuil en
sy ma, Senobia, was
sy leermeester.
Mia Grobler (13) kom
van Lynnwood, Pretoria,
en hou al van kleintyd af
haar ouers dop terwyl hulle
in die kombuis werskaf. Christi Myburgh is op
14 die oudste finalis. Hy
is van Bloemfontein en
sy ma, Brenda, het hom
die fyner kunsies van
kosmaak geleer. Ian Grobler (13) is van
George. Hy gee veral sy
oumas, Elsabé Jordaan en
Annemarie Grobler, krediet
vir kosgeheime wat hy
onder die knie het. Edwin Theron (12) is van
Worcester en sê hy kyk
baie YouTube-kosvideo’s
– iets wat hom baie in die
kombuis geleer het. Dean Barnard (12) is
van Kempton Park. Hy
sê hy kan veral sy ouma
grootjie Marie Wale bedank
vir sy kookvernuf.
van ’n onverjaardagkoek tot ’n gesonde
superheld-burger. Dis weer ’n emosionele
wipwarit van die eerste water totdat die
wenner uiteindelik aangewys word.”
Was dit anders om Kokkedoortjie te
maak omdat kinders betrokke is? Was
die produksiespan meer sensitief om nie
gevoelens seer te maak nie? “Kokkedoor
tjie was anders omdat die kinders ’n ma
of pa kon saambring,” sê Jaco. “Die kos
is steeds eerlik beoordeel en soms moes
die ouer se gemoed eerder as die kind
s’n gekalmeer word!”
OP DIE BOEKRAK
Sedert die eerste reeks van Kokkedoor het
verskeie boeke deur wenners en deelnemers
verskyn. By NB het die volgende titels ver
skyn – ’n hele paar van hulle topverkopers.
• Kokkedoor deur Errieda du Toit
• Makietie deur Tiaan Langenegger en
Mynhardt Joubert
• Tannie Poppie Kook en Tannie Poppie
Kook Weer deur Poppie Coetzer
• Deeg deur Theresa de Vries (verskyn in Junie)
• Kokkedoor 2 deur Errieda du Toit
• Eenmaal deur Johnny Hamman
• Koekedoor deur Errieda du Toit
• Uitgerys deur Mareli Visser
• Koekedoor 2 deur Errieda du Toit
• Corli se Kombuis deur Corli Botha
In Julie verskyn ook ’n Kokkedoortjie-boek,
saamgestel deur Errieda du Toit.
Kokkedoortjie Vanaf Woensdag 5 April om 20:00 op kykNET, kanaal 144
Resepte en agter-die-skerms-video’s beskikbaar by www.kykNET.tv
APRIL 2017 | kykNET
5