kykNET April 2017 | Page 33

# LafrasVerwey WAT WEET JY VAN

' Lafras '?

’ n Stuk klassieke Afrikaanse letterkunde is nou ook op die silwerskerm te sien .
1 Waaroor gaan dit ? Lafras Verwey is ’ n bleeksiel wat vir die staatsdiens werk . Sy baas en kollegas kry hom onder en hy sukkel om die werklikheid om hom te aanvaar . Lafras hoor die heeltyd musiek in sy ore en hy droom oor ’ n wonderlike toekoms . Hy glo hy is ’ n sleutelfiguur van ’ n groot rebellie wat die wêreld gaan verander .
Wanneer hy Petra , ’ n swanger jong vrou , by hom laat woon , kry die rebellie vir hom nóg groter betekenis .
2 Wie is die spelers ? Tobie Cronjé is Lafras en Chantelle Phillipus , bekend vir haar debuutrol in Jans Rautenbach se rolprent Abraham , vertolk die rol van Petra . Ander spelers is Neels van Jaarsveld , Cobus Visser , Lionel Newton en Albert Pretorius .
Tobie Cronjé
hale , jeugverhale , filmdraaiboeke , radio- en televisiedramas . Hy was onder meer die skrywer van Amalia , die TV-reeks wat met ’ n ATKV Mediaveertjie vir beste draaiboek bekroon is .
5 En die draaiboekskrywer ? Die oorspronklike teks is deur Chris en Simon tot ’ n draaiboek verwerk . Die Rebellie van Lafras Verwey het as radiodrama begin , was later ’ n verhoogstuk en is nou ook ’ n rolprent .
6 Hoeveel toekennings oor die jare ? Die Rebellie van Lafras Verwey het in 1970 die SAUK-BRT-prys vir hoorspele gewen asook die SAUK-Akademieprys vir hoorspele in 1973 én die Idemprys vir radiohoorspele in 1980 .
3 Die regisseur ? Simon Barnard . Hy was betrokke by musiekvideo ’ s asook die kykNET-program ’ n Lewe Met ... Vir die rolprent Die Wonderwerker het hy die fotografie , redigering en regie van materiaal agter die skerms behartig . Simon , seun van Ka tinka Heyns en wyle Chris Barnard , was as kind te sien as die jong Benjamin Komoetie in die rolprent Fiela se Kind en is vandag mededirekteur van Sonneblom-ateljees wat in 1975 deur sy ma gestig is .
Chantelle Phillipus
4 Die skrywer ? Chris Barnard ( 1939-2015 ), wat op 22 gedebuteer het met die novelle Bekende Onrus , waarvoor hy die CNA-prys gewen het . In 1967 sluit hy by Huisgenoot aan as ’ n joernalis en in 1971 word Mahala , ’ n roman , gepubliseer . As stigterslid van die Sestigers het hy ’ n enorme bydrae gelewer tot Afrikaanse letterkunde met romans , rubrieke , kortver-
7 Ander opvoerings van Lafras ? Die toneelstuk is al etlike kere opgevoer . Een van die laaste opvoe rings was in 2012 toe die regisseur Albert Maritz dit weer verhoog toe gebring het . Dié produksie het drie Fleur de Cappryse gewen : vir Albert as beste regisseur , vir Carel Nel as beste akteur , en ook die toekenning vir die gehoor se gunsteling .
8 In hoeveel tale is Lafras al vertaal ? Nederlands , Frans , Engels , Italiaans en Tsjeggies .
9 Wie is die vervaardigers ? Die rolprent is deur Katinka Heyns en Genevieve Hofmeyr vervaardig . Katinka al verskeie toekennings gewen , waaronder die internasionale Crystal-toe kenning vir Vroue in Film , tien M-Net Vita-toekennings en ’ n Safta-prys vir haar lewenslange bydrae tot die bedryf . Genevieve is is deur The Hollywood Reporter aangewys as een van die drie invloedrykste vroue in die Suid-Afrikaanse film bedryf . Sy het agter die skerms gewerk aan rolprente soos Invictus , Blood Diamond , Ali en The Interpreter .
10 Wil jy gaan loer ? Gaan kyk gerus die lokprent by https :// www . youtube . com / watch ? v = yesoTYTUNxk
Die Rebellie van Lafras Verwey Vanaf 7 April 2017 in teaters landwyd .
33
APRIL 2017 | kykNET