kykNET April 2017 | Page 30

# hadidas

Hulle bel nie , hulle skryf nie ...

’ n Kort maandelikse rubriek oor die irritasies in die lewe en hoe ’ n mens dit oorkom .
Deur Johrné van Huyssteen

Wanneer ’ n mens die woorde “ klein irritasies ” hoor , voel jy onmiddellik , wel , effens geïrriteerd . Ná 40 ken jy jou irritasies . Die woord “ irritasie ” ontlok irritasie omdat jy dadelik aan jou irritasies dink en dan sommer geïrriteerd voel . Dit word ’ n bose siklus van paradoksale breinbeheer net om van jou irritasies te vergeet .

Hier is myne : Hadidas is toe wrintiewaar ’ n irritasie . Ons is bevoorreg om ’ n groot tuin in ’ n mooi boomryke buurt te hê , maar dié enorme voëls is net duskant ’ n plaag . Ek kon die irritasie onder beheer kry , maar later meer daaroor .
My grootste irritasie in die lewe is wanneer iemand nie na my toe terugkom nie – hetsy dit per e-pos , WhatsApp , telefoon , Facebook , Twitter of selfs telegraaf of Morsekode is . Die irritasie bereik ’ n skouspelagtige hoogtepunt wanneer ek twee keer weer probeer kontak maak , en daarna , wanneer ek die derde en vierde keer probeer , net om uit te vind jy het nog nie eens aandag gegee aan die eerste e-pos , oproep of sosialemediaboodskap nie , ontwikkel dit tot ’ n trombose .
Ander kleiner irritasies is mense wat nie hulle honde se geblaf kan beheer nie – en ek is mal oor honde , moenie my verkeerd verstaan nie . Of mense wat kou terwyl hulle oor die foon praat . As ek verdwaal . Mense wat op die hoofweg op my gat ry . Enige munisipale administrasie en burokratiese strooi . Verder is ek lekker . O ja , die hadidas het ek vergewe en aanvaar , en die geskreeu het ek omarm as ’ n wonderlike geluid uit die natuur . Ons is nou voëlvriende , maar laat een van hulle dit waag om nie my e-pos te beantwoord nie ...

Raai , raai , riepa

Kan jy raai wie se babafoto ’ s is dié ? Hier is ’ n paar wenke …
• Sy is ’ n aktrise wat sedert September 2012 amper elke dag op kykNET te sien is .
• Sy is in Namibië gebore en het drama gestudeer aan die Universiteit van Pretoria .
• Die voorletter van haar karakter se naam is N .
• Sy was al in ander kykNET-reekse soos Villa Rosa en Getroud met Rugby te sien .
30
• Haar troeteldier is ’ n African Grey-papegaai en sy naam is Jumangi .
Kyk op bl . 31 wat die antwoord is !
kykNET | APRIL 2017