Hinterlander April / May 2017 | Page 7

NUUS Pasop Tiger, RJ is op jou spoor Hinterland ondersteun Hooidagskou Hinterland Balfour het weereens die jaarlikse Hooidag­ skou, wat op 18 Januarie vanjaar op die plaas Palmietfontein gehou is, ondersteun. Sowat 450 produsente en landbouentoesiaste het die skou, wat deur die Balfour Boere-unie gehou word en bewusmaking van landbou in die gemeenskap ten doel het, bygewoon. Balfour takbestuurder, Hennie Kemp, sê dat Hinterland trots is om deel van hierdie belangrike gebeurtenis te wees. “Die skou het in statuur gegroei oor die afgelope ses jaar. So- wat 40 produsente het oorspronklik bymekaar gekom om hul besigheid te bespreek en vandag kom geniet meer as 400 mense die dag.” Hinterland het die ingang na die skou geborg met baniere en die tak het ook hul eie uitstalling beman. Van links na regs: Hennie Kemp, Sonet du Plessis. Riaan van der Merwe, Cecil van der Berg. RJ, DIE SEWEJARIGE seun van Lidia Kinnear, assis­tent- takbestuurder in Standerton, speel gholf al vandat hy drie jaar oud is. In 2016 het RJ in Graad 1 die Hoëveld Bondespan vir die laer- skool gehaal. RJ het ook aan die SA Kids gholf­ toernooi deelgeneem en tweede plek behaal in sy ouderdomsgroep. Hy het gekwalifiseer vir die Kids Golf World Championship in Ma- leisië, asook Australië en Europa. Hy het tans ‘n PGA-goedgekeurde afrigter, Edwin Compton. Hoewel hy slegs 7 jaar oud is, speel RJ vanjaar al vir die Mpumalanga Foundation 0/13 span. Wilanie is Little Miss World SA 2017 JANINE VAN STADEN, Bedryfsrekenmeester by hoofkantoor se dogter Wilanie is as Little Miss World SA 2017 gekroon is. Wilanie het op 2 Fe­ bru­a­rie 2017 deelgeneem aan die Little Miss World SA Pageant wat by die OR Thambo Protea Hotel gehou is. Sy het in die kategorie 10-11 jaar wegge- stap met die titel en is ook genooi om in Mei 2017 Suid-Afrika te verteenwoordig in Turkye vir die Nasio­nale Little Miss World Titel. Volgens Janine word hulle ge- leer om terug te gee aan die gemeenskap en te deel met ander. Dit is ‘n werkstitel, wat beteken sy moet vir die 11maande as Little Miss World SA elke maand ‘n liefdadig­heidsprojek doen. Sy het reeds twee projekte afgehandel. Ons hou vir jou duim vas Wilanie! 7