Hinterlander April / May 2017 | Page 4

Bothaville Branch
4

�GENERAL

VERHEF JOU STEM teen onetiese gedrag etiese notas

Onetiese aktiwiteite is nie net laakbaar nie , dit het ook ’ n direk te negatiewe impak op die maatskappy se winslyn . Ons het almal ’ n verantwoordelikheid om eties op te tree , uit ’ n persoonlike sowel as ’ n maatskappy perspektief . Hinterland het ’ n vertroulike bedroglyn beskikbaar gestel waarop personeel onetiese gedrag kan rapporteer : 080 464 7800 . Gebruik dit soos volg :
Blaas die fluitjie
Die meeste mense verkies om nie betrokke te raak nie , omdat hulle bang is dat hulle geviktimiseer sal word . Dit verg moed om onreëlmatighede te rapporteer en ongelukkig het dit sekere gevolge . Die besluit om onreëlmatighede te rapporteer is egter nie net ’ n verantwoordelikheid nie , maar ’ n wetlike plig . As “ Flui tjieblaas ” egter op die korrekte wyse gedoen word , is daar niks te vrees nie en is dit ’ n geleentheid om ’ n verskil te maak .
Wat beteken dit om die fluitjie te blaas ?
Fluitjieblaas is die rapportering van enige verdagte , onreëlmatige gebeurtenis . Dit is nie nodig dat iets fisies moet gebeur nie . Die blote feit dat dit kán plaasvind is genoeg rede om te rapporteer . Mense is geneig om te dink dat ’ n saak nie belangrik genoeg is om te rapporteer nie - die inligting kan egter help om ’ n ander saak op te los .
Hoekom behoort ek die fluitjie te blaas ?
Werknemers is nie net in terme van maatskappybeleid verplig om onreëlmatighede te rapporteer nie , maar het ook ’ n wetlike verpligting in terme van die POCA (“ Prevention of Organised Crime ”) en PRECCA ( Prevention and Combating of Corrupt Activities ”) Wette om alle onreëlmatighede te rapporteer . In terme van dié wette word groot boetes gehef vir versuim om misdaad te rapporteer .
Word ek beskerm ?
Die Protected Disclosures Act , 26 of 2000 , herdoop as die Fluitjie blaserwet , maak voorsiening vir werknemers om onwettige of onreëlmatige optrede deur werknemers en medewerknemers te rapporteer , terwyl dit beskerming bied vir werknemers wat te goeder trou die fluitjie blaas . ’ n “ Fluitjieblaser ” word beskerm teen enige vorm van diskriminasie of arbeidsaksies deur die maatskappy .
Kan ek anoniem bly ?
Insidente kan anoniem deur ’ n “ Bedroglyn ” gerapporteer word .
Inligting wat nodig is wanneer ek ’ n insident rapporteer
Die volgende inligting is belangrik : � Wanneer het die insident plaasgevind ? � Waar het dit plaasgevind ? � Wie is betrokke ? � Word meer insidente vermoed ? � Is ek gewillig om betrokke te raak / te getuig indien nodig ?
Werk saam om misdaad te rapporteer ! Skakel die Bedroglyn nou by 080 464 7800 om onetiese optrede te rapporteer .

Hinterland is ’ n treffer by Bloemskou

Die Hinterland stalletjie het die toe ken - ning as die beste landboustalletjie ontvang by die Bloemskou wat van 27 April tot 7 Mei plaasgevind het . Die Hinterland Bloem-span het die vlag hoog laat wapper en die organiseerders van die skou beïndruk . Die kriteria vir die toekenning het sigbaarheid , vloei van beweging deur die stalletjie en toegang tot inligting ingesluit .
Drico van Wyk , ’ n rakpakker , het boonop nog ’ n toeken ning vir die Bloem-span ingepalm . Hy het weggestap met ’ n lekker prys van R10 000 vir sy deelname aan die skou se talentkompetisie . Die 27-jarige Drico ( Frede rico ), wat vir die afgelope drie en ’ n half jaar al deel van Hinterland Bloem is , het gesê dat hy gedurende ’ n breek die talentkompetisie gewaar het . “ Ek het nie geweet dat daar ’ n talentkompetisie is nie , maar toe ek dit sien het ek gedink , ag wat kan ek verloor , kom ek gee dit ‘ n go .”
Drico het die liedjie Mary Did you Know van Ceelo Green gesing , wat hom tot die finale rondte laat deurdring het , waar hy teen 15 ander gekompeteer het . Sy weergawe van Beyonce se Ave Maria het die top prys van R10 000 aan hom besorg . “ Ek sal die geld gebruik om my vrou te bederf ,” het hy met ’ n groot glimlag gesê . Welgedaan Drico !

Bothaville Branch

Goes to the Dogs

About 200 Bothaville dog owners took advantage of the Hinterland Branch in Botha ville ’ s recent dip and inject day by bringing their best friends in for a free tick and flea repellent dip and a vaccination . The event was co-hosted by the local SPCA .