Hinterlander April / May 2017 | Page 2

Tyd

�ALGEMEEN

Boodskap van die BD

Mede-Hinterlander ,

“ vlieg ” hoor ek nou die dag ‘ n kollega sê . ‘ n Opmerking wat ek self al meer as een keer gemaak het en ek seker is , aan u almal bekend is .

Matt 5:13
Van Pitkos na Soutkorrels ...
Soutkorrels – Jesus sê in Matteus 5:13 : “ dat jy en ek , ja elkeen wat hier lees , sout vir die aarde , ..... en die lig vir die wêreld is ….”
Wat beteken dit ? Tyd is tyd ; ‘ n minuut , ‘ n uur , ‘ n dag , die tydsduur bly dieselfde , dit is die omstandighede in tyd wat bepaal hoe tyd ervaar word . Wanneer omstandighede in ‘ n bepaalde tyd moeilik is , is dit ons ervaring dat tyd stadig verby gaan , soos wanneer ons langs ‘ n siekbed sit , dan is dit natuurlik dat ons die tyd vinnig wil maak sodat die persoon weer gesond kan wees en tyd normaal kan aangaan . Die teenoorgestelde is egter ook waar . Wanneer dit voorspoedig gaan , alles in plek val en volgens plan verloop en nuwe geleenthede duik op , is dit ons ervaring dat “ tyd vlieg ”, omdat daar nie genoeg tyd is om by alles uit te kom nie .
Ek wil glo dat Hinterland ‘ n “ tyd vlieg ” -fase beleef . Daarom is dit belangrik en noodsaaklik dat elke Hinterlander sy tyd moet bestuur sodat ons tyd nie met ons wegvlieg nie . Wat bedoel ek ? Ons moet meer tyd neem om ons tyd ; ons dag , week en maand te beplan . Ons moet minder tyd bestee aan dit wat nie waarde toevoeg nie , en gefokus bly op dit wat werklik saak maak . Ons moet met meer omsigtigheid ander mense se tyd in beslag neem en deurgaans poog om ingeligte besluite binne tyd te neem . Laastens moet ons ons tyd beter bestuur om die balans te handhaaf tussen besigheid en familie . Dit is immers waarvoor ons verantwoordbaar is .
Dankie vir julle tyd om die skrywe te lees . Ek vertrou dat die tyd hieraan spandeer vir jou van waarde sal wees en wens elkeen voorspoed toe in die tyd wat vir Hinterland voorlê .
Hinterland groete .

Daan

Jesus se vergelyking het ‘ n dieper betekenis as wat ons besef , want suiwer sout het baie kwaliteite wat direk in lyn is met ware Jesus-volgelinge se lewe ! Stap saam en sien wat ek bedoel . Sout was in die antieke tyd so waardevol geag dat dit gram-vir-gram vir goud geruil is . Vandag is sout in vergelyking met goud byna niks werd nie .
Soms wonder ek , is dit nie wat ook met die Christendom gebeur het nie ? Is ons as Christene , ons gewig gram-vir-gram in goud werd vir God se saak , of het ons , die “ sout van die aarde ” goedkoop , waardeloos en futloos geword ? Leef ons as gelowiges vandag nog regtig die waarde uit wat Jesus in sout gesien het ?
Suiwer sout is wit en bederfwerend . Dit is ‘ n simbool van reinheid , getrouheid en standhoudenheid , kernwaardes van ‘ n Jesus-volgeling se lewe ! Sout verloor “ homself ” wanneer dit gebruik word want dit word deel van die produk waarin dit gebruik word , vir Jesus-volgelinge gaan dit ook nooit oor hulself nie !
Sout is ‘ n aktiewe bestanddeel ; dit werk ! Vryf bietjie sout in ‘ n wond en voel hoe dit brand . Dit is sout wat aan die werk is ! Ware Jesus-volgelinge is ook aktief aan die werk , hulle skyn altyd God se Lig , want God se Lig is in hulle ! Ware Jesus-volgelinge is ook morele en sedelike kompasse wat ontsmet en bederf teenwerk . Hulle gee smaak en soos sout maak hul mense dors vir die lewende water van die blye boodskap van verlossing ! Ware Jesus-volgelinge is inderdaad hul gewig in goud werd , nes Jesus bedoel het !
‘ n Wêreld sonder sout sal ‘ n smaaklose plek wees , netso sal ‘ n wêreld sonder ware Jesus-volgelinge wat aktief aan die werk is , ook ‘ n hooplose plek wees !
Mag Soutkorrels jou altyd daaraan herinner en aanspoor om sout te wees soos Jesus bedoel het , om jou gewig in goud werd te wees en aktief betrokke te wees dáár op dié stukkie aarde waar Hy jou geplaas het .
REDAKSIE : REDAKTEUR : Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 | marlon . abrahams @ senwes . co . za ONTWERP EN UITLEG : Mercia Venter | mercia . venter @ senwes . co . za
2
Herontdek dÍt wat saakmaak