Hinterland Promotions Firefighters promotion | Page 2

FIRE FIGHTERS BRANDSTROKE Moet elkeen ‘n brandstrook maak? As daar op jou grond ‘n brand kan ontstaan, of as ‘n brand van jou grond af kan versprei, moet ‘n brandstrook aan die grense van die grond gemaak en onderhou word. Maar as die grond verhuur word? Die woord “eienaar” beteken ook die huurder of enige persoon wat die grond beheer. Die huurder of die persoon in beheer van die grond moet dus die brandstrook maak en onderhou. Hoe moet die brandstrook lyk? ‘n Brandstrook kan skoongebrand word, of skoon geskoffel of geploeg word, of die gras en plantegroei kan met ‘n chemiese middel doo- dgemaak en dan verwyder word. Hoe groot moet die brandstrook wees? Moet breed genoeg en lank genoeg wees om redelikewys te voorkom dat ‘n brand bo-oor die strook kan versprei. Moet ook die plaaslike toestande, soos die weer, klimaat, terrein en plantegroei, in ag neem. Moet ook “redelik vry wees” van brandbare materiaal wat dalk ‘n veld- brand oor die strook kan laat beweeg. Moet altwee die bure langs hulle gemeenskaplike grens brandstroke maak? Ja, elke eienaar is verplig om tussen sy grond en enige aangrensende grond ‘n brandstrook te maak. Moet die brandstrook presies op die grens wees? Nie noodwendig nie. Eienaars van aangrensende grond kan instem om ‘n gemeenskaplike brandstrook weg van die grens tussen hul eien- domme te maak. Wat word bedoel met die instandhouding van brandstroke? Dit beteken dat die brandstrook effektief moet bly om te keer dat ‘n veldbrand daaroor versprei. As ‘n brandstrook begin toegroei, moet dit weer skoongemaak of skoongebrand word. Die brandstrook moet “redelik vry wees van brandbare materiaal wat ‘n veldbrand oor die strook kan laat beweeg”. BRANDBESTRYDING Die Wet sê eienaars moet toerusting hê om brande te bestry. Watter toerusting? Die Wet sê toerusting wat redelikerwys in die omstandighede nodig is. Wat is redelik? ‘n Klomp brandslaansakke. ‘n Sleepwaentjie met ‘n watertenk wat agter ‘n trekker of bakkie gehaak kan word. `n Klein kragbron met ‘n pomp wat water kan spuit. Wat word bedoel met “beskermende klere”? Die Wet sê die grondeienaar moet beskermende klere “wat redelikerwys in die omstandighede nodig is” hê vir sy personeel wat brand moet bestry. Miskien moet ‘n mens weer kyk na die plaaslike omstandighede. Dalk kan redelike beskermende klere bestaan uit skoene of stewels, handskoene, oorbaadjies, plastiekhelms en nywerheidsneusfilters. Wat moet jy doen as ‘n brand ontdek word wat gevaar kan inhou? Alles in jou vermoë om te keer dat die brand nie versprei nie. Trouens, jy moet alles in jou vermoë doen om die brand te blus. Dit sal ook raadsaam wees om dadelik jou Brand beskermings vereniging, munisipaliteit, polisie en die eienaars van aangrensende grond in kennis te stel van die brand wat woed. Maar wat as die eienaar afwesig is en ‘n brand ontstaan? As die eienaar afwesig is moet hy sorg dat daar in sy afwesigheid wel ‘n verantwoordelike persoon is wat, in geval van ‘n brand, die brand sal bestry en die eienaars van aangrensende grond sal laat weet. As daar ‘n brand is, kan jy private grond betree? Ja, as jy meen dat ‘n brand op enige grond gevaarlik is en lewens, eiendom of die omgewing kan bedreig, kan jy (en jou werkers) daardie grond betree om die brand te gaan bestry of te blus. Wat sê die Wet oor die aansteek van vure? Dit is ‘n misdryf! As ‘n persoon ‘n vuur in die ope lug alleen laat voordat dit geblus is; • as ‘n persoon met ‘n vuur gemoeid is wat versprei en skade aanrig; • as ‘n persoon in die ope lug met ‘n vuurhoutjie (wat hy/sy byvoorbeeld laat val) of ander brandende materiaal ‘n brand veroorsaak wat versprei en beserings of skade meebring; • as ‘n persoon in ‘n padreserwe ‘n vuur aansteek, gebruik of aan die gang hou behalwe by ‘n aangeduide vuurmaakplek of vir die maak van ‘n brandstrook; Hierdie misdrywe is strafbaar met ‘n boete of tronkstraf, of albei. * Produkte wat nie in voorraad by u naaste tak is nie, is beskikbaar op bestelling. *Pryse sluit BTW in, behalwe waar aangedui BTW uitg. 2