ARTIKEL
KALK IS DIE SLEUTELINSET OM JOU
GROND SE WARE POTENSIAAL TE ONTSLUIT
Hoe effektief is die kunsmis wat jy toedien? Hoeveel kilogram N,P,K is die
afgelope seisoen toegedien en hoeveel ton graan het gerealiseer?
Indien jy die syfer wil verbeter, moet jy begin antwoorde soek by kalk. Kalk
gaan nie vir jou die enigste antwoord verskaf nie, maar ten minste weet ons
vandag dat die regte tipe kalk op die regte plek ‘n baie groot impak het om die
effektiwiteit van toegediende kunsmis te verhoog.
Die afgelope twee maande het 80 produsente (proefneming van 1 094 , in
Noordwes en Vrystaat klein, medium en groot produsente) aan ‘n intensiewe
onafhanklike opname deelgeneem. Verskeie datastelle het vir ons baie
interessante inligting verskaf, maar veral een het uitgestaan.
Produsente het in die proefneming aangedui dat hulle gemiddeld 0,49 ton kalk
per hektaar per jaar toedien (in ‘n drie jaarsiklus is dit 1,47 ton/ha). Die vraag:
“Dien ons vandag werklik genoeg kalk toe vir volhoubare voedselproduksie?”
Selfs die kwaliteit van kalk kry nie aldag die nodige aandag wat dit verdien nie.
Die vrae wat produsente vra is ook van kardinale belang. ‘n Goeie voorbeeld
hiervan is: “Is die naaste bron die goedkoopste om aan te ry?” Wanneer ons die
regte vrae begin vra, DAN begin ons eers anders dink.
Ben Krog, Group bemarkingsbestuurder
Hoe kry ons die kalk op die plaas? Die afgekope jaar het ons strategiese
vennootskappe met verskeie vervoerkontrakteurs gesluit om die mees
kompeterende vervoertariewe aan produsente te bied. Ons bied ook vir
produsente verskillende betaalopsies met die aankoop van kalk.
Bastion het ten doel om antwoorde te verskaf aan produsente se regte vrae! Die
kalk wat Bastion produseer, weet ons, is een van die belangrikste skakels in
die produksiesiklus wat voedselsekerheid verseker. Ons vind waarde daarin
om verby wins alleen te kyk. Ons is terdeë bewus van ons verantwoordelikheid
teenoor volhoubare voedselproduksie vir ons mede-landsburgers. Dit verskaf
vir ons vreugde om ‘n rol hierin te kan speel. Jou sukses is ook ons sukses.
Kontak ons gerus.
Marelizé Smit Verkoopskoördineerder 082 382 1898
[email protected]
Lourens Swart Logistieke Koördineerder 060 989 3877
[email protected]
Bastion Hoofkantoor 018 464 7820
DIT IS AL MEER NODIG DAT ONS DIE REGTE VRAE MOET
BEGIN VRA, SOOS:
Saam Boer
ONS MEER PRESIES
1. Wat is die mees effektiewe kalkbron gelewer op my plaas?
2. Is ‘n fyner kalk met ‘n laer KKE(suur) nie dalk beter as growwer kalk met
‘n hoër KKE(suur)? (KKE suur dui bloot die kapasiteit aan)
3. Hoekom word die KKE harswaarde (reaktiwiteit), al minder gebruik?
4. Is my metode van kalktoediening (plasing) die mees effektiewe manier om
probleem-areas – horisontaal en vertikaal (ondergronds) te behandel?
5. Sewe verskillende kalkaanbevelingsmodelle word landswyd gebruik (In
die vorige Graslander is die metodes bespreek). Is die huidige model wat
op my plaas gebruik word nog relevant vir die langtermyndoelwitte wat ek
wil bereik?
6. Skep my huidige bewerkings- en kunsmispraktyk nie dalk vir my
probleme oor die langtermyn (ondergrondse suurheid) nie?
7. Het ek al ‘n ander, dalk beter kalkbron, op my plaas beproef teenoor my
tradisionele naaste bron?
Indien jy die waarde van kalk onderskat, dan wil ek die stelling maak dat die
verkeerde vrae gevra word. Bastion en sy vennote in die veld, sal jou help om
die regte antwoorde te kry op jou kalkvrae.
Bastion het die afgelope twee jaar geweldig baie belê in mensekapitaal en reuse
beleggings in ons eie myne gemaak. Ons neem verantwoordelikheid vir die
volledige kalkproduksieproses. Ons het ‘n passie vir natuurlike kalk – kalk wat
direk uit die kalkafsetting gemyn word.
Daagliks daar vir jou
Klop aan by die presisiespesialiste
Die meulens en sifkaste is opgegradeer tot die beste wat tans in Suid-Afrika
beskikbaar is. Hoekom? Want ons wil, gegewe die geologie, die bes moontlike
kwaliteit kalk by ons myne produseer.
September 2018
5
VOLG ONS OP
Graslander
NWK Landboubestuursdienste se span spesialiste lewer ’n volledige spektrum
van presisieboerderydienste. Dit sluit grondopnames met gedifferensieerde
potensiale, chemiese presisieboerdery met differensiële regstellings, meganiese
presisie op trekkers en ander landbouwerktuie
en GPS-plaaskaarte in. Landboubestuursdienste
is ook kalkagente vir Bastion. Kontak ons gerus
vir al u presisiebehoeftes op die plaas. Sáám
plaas ons u boerdery op die wenpad.
TEL +27 (0) 18 633 1143 FAKS +27 (0) 86 669 0486
SCHOLTZSTRAAT 81 POSBUS 107 LICHTENBURG 2740
E-POS [email protected] www.nwk.co.za
NWK Beperk is ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (lisensienr. 44998)
en ‘n geregistreerde kredietverskaffer (registrasienr. 2789)
Landboubestuursdienste