Graslander Uitgawe 5: Verandering | Page 6

RUBRIEK is wat primêr vir plantvoeding verantwoordelik is. Hierdie monsters word dan deeglik vermeng, dan vyf klein sub-monsters (ongeveer ʼn teelepel vol) uit die vermengde monster te neem, die monster weer te vermeng en weer vyf teelepels vol, as laboratoriummonster te neem. DIE METODE VAN GRONDMONSTERNEMING MAAK SAAK Martiens du Plessis, Grondkundige, NWK Beperk Die aanbevelings vir die aanwending van misstowwe is uiteraard op hierdie grondmonsters se ontledings gebaseer. Slim regressies word tydens presisiepraktyke op die grondontledings toegepas om die regte hoeveelhede misstowwe en grondverbeteraars toe te dien. Maar kry die neem van grondmonsters sy regverdige aandag? In hierdie artikel word hierdie belangrike aspek onder die loep geneem. Grondmonsterneming is ʼn steekproef Wanneer die eienskappe van ʼn populasie gemeet moet word, kan al die individue van die populasie ondersoek word en ʼn uiters akkurate antwoord kan gekry word. So ʼn voorbeeld is die massa van ʼn trop speenkalwers. Hulle word eenvoudig almal geweeg. Om die massa van speenkalwers in die Noordwes provinsie te bepaal, is egter ʼn perd van ʼn ander kleur. Nou moet ʼn ewekansige steekproef getrek word en slegs die kalwers in die steekproef word geweeg, as verteenwoordigend van die populasie, naamlik al die speenkalwers in die Noordwes provinsie. Die steekproef se resultaat is slegs betroubaar genoeg indien dit daarin kon slaag om die hele populasie akkuraat te verteenwoordig. Grondmonsterneming berus op dieselfde beginsel, met dié verskil dat die steekproefmonster in grond vernietig word, terwyl die kalwers niks oorkom van die weeg nie. ʼn Verdere beginsel is dat hoe meer die populasie homogeen is ten opsigte van die parameter wat bepaal moet word, hoe kleiner kan die steekproef wees, met steeds ʼn relatief akkurate antwoord. Met die meet van landbougronde se chemiese eienskappe, is die populasie (die area se grond wat gemeet word) juis baie heterogeen. Dit sou beteken dat die steekproef relatief groot moet wees, en dus ʼn groot deel van die populasie moet insluit, om ʼn akkurate antwoord van die grond se chemiese status te kry. Dit is egter nie moontlik nie, omdat ons maar sowat 300 g grond na die laboratorium versend, waar maar sowat ʼn teelepel grond ontleed word. Hierdie teelepel grond moet nou as steekproef ʼn bepaalde area se grond verteenwoordig. As ʼn grondmonster van 300 g per hektaar vir presisieboerderydoeleindes geneem word, verteenwoordig dit ʼn steekproef van ongeveer 4 Graslander September 2018 0.000 009 231% van die populasie (1 ha en 250 mm diep). Dit beklemtoon waarom die neem van ʼn grondmonster met soveel sorg uitgevoer behoort te word. Maar hoe verteenwoordigend is dié monster van die 1 m 2 ? Gemeet aan die hele 1 m 2 se gemiddelde pH van 4.49, het die pH’s van die drie herhalings van die vyf boormonsters oor die ry, onderskeidelik 4.55, 4.52 en 4.67 opgelewer. Dit gee ʼn gemiddelde afwyking van 0.10 pH-eenheid, wat besonder akkuraat is. Enige een boormonster kan dus ʼn pH-waarde van 0.35 onder die populasiegemiddeld of 0.52 bokant die populasiegemiddeld lewer. Dit kan verder ook verwag word dat ʼn grondmonster getrek by wyse van ʼn grondmonsteringsapparaat wat dunner is as ʼn standaard grondboor, ʼn swakker monster sal lewer as dié van ʼn grondboor. Die populasie is baie heterogeen Verskeie studies is al onderneem om die ruimtelike variasie van gronde se chemiese eienskappe te illustreer. Van Vuuren, J.A.J., (1991) het die ruimtelike variasie van grondchemiese eienskappe onder vaste bewerkingspraktyke bestudeer. Monsters (4 cm x 4 cm x 4 cm) is in ʼn profielgat se wand getrek en elkeen afsonderlik ontleed. Hy het duidelike bande van versuring aangetoon en gedeeltes wat min versuur was. Dit is variasie oor ʼn afstand van 2.1 m, van een mieliery tot ʼn volgende. SAMEVATTING Vir presisiedoeleindes kan wyd beredeneer word oor wat die “populasie” is wat gemeet moet word, aangesien metings op ʼn punt geneem word en dan wiskundig tussen die punte geïnterpoleer word. Dit ten spyt, behoort ʼn relatief groot grondmonster op die punt van meting geneem te word, deeglik vermeng te word en die laboratoriummonster dan hieruit geneem te word. Hierdie metodiek is steeds ekonomies en prakties haalbaar in die praktyk en dit behoort eintlik nie eers onderhandelbaar te wees nie, aangesien die spandering van groot geld op dié data, onder andere bekalking, gebaseer word. Van Wyk, D.J.L. (2014) het monsterneming vir die doeleindes van presisieboerdery ondersoek. Hy het onder andere die variasie binne 1 m 2 oor ʼn mieliery ondersoek. Vyf grondmonsters is met ʼn grondboor dwars oor die mieliery geneem en binne die 1 m 2 drie keer herhaal (FIGUUR 1). Die monsters is afsonderlik ontleed. Die onderskeie pH’s (KCl) is in FIGUUR 1) aangedui en dit het van 5.01 tot 4.14 gevarieer (FIGUUR 2), met die gemiddelde pH 4.58. Die verskil tussen die minimum en maksimum van die waardes was 0.87 pH-eenhede en dit alles binne 1 m 2 . Die hele 1 m 2 is toe tot op 200 mm uitgegrawe (dus die hele populasie) en deeglik vermeng. Hieruit is vyf monsters geneem en ontleed met ʼn gemiddelde pH van 4.49. Hier was ook al weer variasie tussen die vyf monsters, wat die belang van effektiewe vermenging en goeie analises onderstreep. Nou waar laat hierdie variasie ons met grondmonsterneming? Bronnelys op aanvraag beskikbaar. pH-variasie 5,20 5,00 Daar word jaarliks honderde duisende grondmonsters in Suid-Afrika geneem en miljoene spandeer op ontledings en biljoene op misstowwe. 4,80 4,60 4,40 4,20 4,00 1 2 3 4 5 Die onderskeie pH’s(KCl) het van 5.01 tot 4.14 gevarieer. Elke kleur verteenwoordig ‘n herhaling. Die pH’s op en langs die ry is die suurste (3 is op die ry). Die Fertilizer Association of Southern Africa (FERTASA) stel vir presisiemonsters voor dat ten minste vyf sub-monsters in ʼn radius van 10 m rondom die punt van monsterneming, geneem moet word en as een monster vermeng moet word. Die posisie ten opsigte van die ry word nie gespesifiseer nie. Van Wyk (2014) het die grondmonsternemingsmetode soos deur NWK vir presisiedoeleindes uitgevoer, ondersoek, naamlik om vyf sub-monsters met ʼn grondboor dwars oor die ry te neem, wat die slootmetode van monsterneming naboots (FIGUUR 3). Die logika agter hierdie metodiek is dat dit juis hierdie sone Vyf sub-monsters word met ʼn grondboor oor die ry geneem en in ʼn bak vermeng, waaruit die laboratoriummonster, bestaande uit 10 klein monstertjies, geneem word.