Graslander Uitgawe 4: Lente | Page 8

ARTIKEL SIT JOU 3D BRIL OP – EN GRAWE ‘N GAT! Ben Krog Grond kan net volledig beskryf word wanneer daar driedimensioneel daarna gekyk word. Presisieboerdery is hier om te bly en wonderlike tegnologie word gebruik om bestuursones op kleurvolle kaarte te identifiseer. Hoeveel profielgate het jy al gegrawe op jou plaas hierdie jaar? Alle profielgate vertel ‘n storie. Dit is nie ‘n moeilike storie om te lees nie! Die grootste waarde van ‘n profielgat is om vir ons te wys WAT die WORTELS tydens die afgelope seisoen gemaak het? Gewasreaksie is die beste indikator of die landbouer op die regte pad is met sy verbouingspraktyke. rondmonsters word deesdae al meer geneem deur verskillende groottes ruitmonsters (“GRID sampling”) of presisiemonsters (“smart sampling” - stroperdata of NDVI beelde) te gebruik. Daar word deesdae baie goed van bo gekyk na die grond. Meeste bogrondmonsters word tussen 0-20 cm diep, soms vlakker geneem. In sekere gevalle word ondergrondmonsters geneem slegs op sekere punte om ondergrondse suurheid te monitor. Alle gewasse wat geproduseer word – of dit appel, koring, tafeldruiwe, mielies, mango’s of soja’s is, het een ding in gemeen - en dit is WORTELS. G Produsente spandeer baie geld aan toerusting om die toediening van ameriolante verder te verfyn tot variërende toedienings op grond van elektroniese aanbevelings, gekoppel aan GPS punte. Hierdie is ‘n goeie “tweedimensionele waarde” wat ontsluit word. Die vraag word gevra : verskaf die interpretasie van sulke data op hierdìe vlak vir ons regtig ‘n volledige prentjie? Ondanks die feit dat ons die tegnologie suksevol gebruik, neem ondergrondse suurheid, as voorbeeld, kommerwekend toe. Die werklike omvang van ondergrond suurheid in die somersaaigebiede wek kommer. Te min navorsing en tyd word spandeer om die probleem aan te spreek. Verskeie artikels is wel in die onlangse verlede geskryf om produsente , kunsmisagente en landboukundiges bewus te maak van hierdie groot sluimerende gevaar. Grondbewerkingspraktyke het verander, meer produsente implementeer bewaringsboerderybeginsels. Minder bewerking vind plaas vir baie goeie redes. Selfs kunsmis plasing (tyd en diepte van toedienening) het begin verander. In sekere dele van die mieliedriehoek is dit standaard praktyk om groot hoeveelhede ammoniumbevattende kunsmis (tot soveel as 70 kg N) selfs op dieptes van tot 30 cm voor plant (“pre-plant”) toe te dien. Meeste van die praktyke het veroorsaak dat kalk as voorbeeld nie meer deeglik met die grond gemeng word nie. Ons moet nooit vergeet dat kalk baie swak in grond beweeg en dat die reaksie van kalk slegs plaasvind in direkte kontak met die grond partikels. Die ou gesedge lui dat die beste kunsmis die voetspore in die land is. Dit geld vandag nog! Vir my die tweede belangrikste - ‘n graaf in die hand! Tegnologie is wonderlik, maar ons moet nooit vergeet van die basiese waarde van ‘n gewone profielgat op strategiese punte in ‘n land. 6 Graslander September 2017 Daar word ook aanbeveel dat in spesifieke profielgate, grondmonsters op verskillende dieptes van ongeveer 10 cm inkremente geneem word. Hierdeur kan die grondsuurheid (pH en % suurversadiging) asook verandering in katioonkonsentrasies gemonitor word. Die belangrikste vraag wat die produsent homself moet vra is : Is dit wat ek aan die grond kan doen in die beste belang van optimale WORTELONTWIKKELING? Indien die WORTELS die volle grondprofiel kan benut deur verbouingspraktyke en oordeelkundige toediening van plantvoeding en kalk, sal u verseker die risiko’s verlaag en binne ‘n gegewe reënval jaar, ‘n goeie oes lewer. Gaan sit gerus die 3D-bril op en lees die wonderlike storie van “die PROFIELGAT”, geskryf deur uself.