Graslander Uitgawe 3: Nampo | Page 9

ALGEMEEN NEUTRALISERING VAN GRONDSUURHEID Martiens du Plessis, NWK Landboubestuursdienste Grondsuurheid is wêreldwyd een van die mees aktuele onderwerpe in grondkunde en plantvoeding. Dit het ʼn groot invloed op die groei van plante en grondorganismes. In ʼn vorige uitgawe van die Graslander (uitgawe 1 van 2016) is die oorsake van grondversuring bespreek. In hierdie artikel word die neutralisering van grondsuurheid van nader bekyk. Grondsuurheid word breedweg as ʼn oormaat H + -ione teenoor die hoeveelheid OH - -ione in die grond gedefinieer en die stand van hierdie balans word in die pH van die grond gereflekteer. Om suurheid te neutraliseer, moet die H + -ione met ander ione van ‘n alkaliese aard reageer. Bekalking met kalsitiese en dolomitiese kalk (karbonate) dit aan die grond toegedien word, bind dit met koolstofdioksied (CO 2 ) om kalsiumkarbonaat (CaCO 3 ) en magnesiumkarbonaat (MgCO 3 ), dus kalsitiese en dolomitiese kalk te vorm. Die reaksie verloop verder dieselfde as hierbo genoem. Kalsiumhidroksied en magnesiumhidroksied is redelik lig en een ton hiervan neutraliseer onderskeidelik 1.35 en 1.72 keer meer suurheid as kalsiumkarbonaat. Hierdie stowwe is baie reaktief. Dit is egter ook bytend en daarom moeilik om vir kommersiële bekalking van lande aan te wend. Bekalking met kalsium- en magnesiumoksied Kalsium- en magnesiumoksied (gebrande of ongebluste kalk) is neweprodukte uit die sementbedryf. Indien dit aan die grond toegedien word, bind dit met water om kalsiumhidroksied en magnesiumhidroksied te vorm. Die reaksie in die grond verloop verder dieselfde as hierbo om karbonate te vorm. Kalsium- oksied en magnesiumoksied is beide baie lig en een ton hiervan neutraliseer onderskeidelik 1.78 en 2.50 keer meer suurheid as kalsiumkarbonaat. Hierdie stowwe is baie reaktief en bytend en moeilik om te hanteer. Dit moet dadelik en effektief met die grond gemeng word omdat dit dadelik hidreer en flokkies Vervolg Bl 9 SÁÁM BOER ONS MEER PRESIES . Suiwer kalsitiese kalk bestaan uit kalsiumkarbonaat (CaCO 3 ). Wanneer dit met suur grond (oormaat H + -ione) vermeng word, is die eindprodukte kalsium (Ca 2+ ) wat ʼn makrovoedingselement is, water (H 2 O) en koolstofdioksied (CO 2 ). Die ongewenste H + verbind met suurstof (O 2 ) om water in die grond te vorm wat neutraal en dus gewens is. Dié reaksie word as volg voorgestel: CaCO 3 + 2H+ → Ca 2 + + H 2 O + CO 2 Dolomitiese kalk bevat beide kalsiumkarbonaat (CaCO 3 ) en magnesiumkarbo- naat (MgCO 3 ). Die magnesiumkarbonaat het ʼn soortgelyke reaksie as kalsium- karbonaat en lewer magnesium (Mg 2+ ) as makrovoedingselement, water (H 2 O) en koolstofdioksied (CO 2 ). Dié reaksie word as volg voorgestel: MgCO 3 + 2H+ → Mg 2+ + H 2 O + CO 2 Hieruit is dit duidelik dat 1 mol CaCO 3 (100 g) of 1 mol MgCO 3 (84 g) presies 2 mol H + (2 g) neutraliseer. Dit is gevolglik onmoontlik om meer H + met kalk te neutraliseer deur dit byvoorbeeld fyner te maal. Fyner kalk reageer net vinniger as growwer kalk. Magnesiumkarbonaat is verder ook ligter as kalsiumkarbonaat en dus kan daar meer suurheid met 1 ton magnesiumkarbo- naat geneutraliseer word as met 1 ton kalsiumkarbonaat. Dolomitiese kalk wat ʼn mengsel van die twee is, kan dus per ton kalk ʼn klein bietjie meer suurheid neutraliseer as suiwer kalsitiese kalk. Bekalking met kalsium- en magnesiumhidroksied Kalsiumhidroksied [Ca(OH) 2 ] en magnesiumhidroksied [Mg(OH) 2 ] (gebluste kalk) is neweprodukte uit die sement-, yster-, staal- en gasbedryf. Indien Graslander Maart 2017 7 Jóú greep op die mark Klop aan by die presisiespesialiste NWK Landboubestuursdienste se span spesialiste lewer ’n volledige spektrum van presisieboerderydienste. Dit sluit grondopnames met gedifferensieerde potensiale, chemiese presisieboerdery met differensiële regstellings, meganiese presisie op trekkers en ander landbouwerktuie en GPS-plaaskaarte in. Landboubestuursdienste is ook kalkagente vir Grasland. Kontak ons gerus vir al u presisiebehoeftes op die plaas. Sáám plaas ons u boerdery op die wenpad. TEL: +27 (0)18 633 1143 FAKS +27 (0)86699 0486 www.nwk.co.za SCHOLTZSTRAAT 81 POSBUS 107 LICHTENBURG 2740 SUID-AFRIKA E-POS [email protected] GPS: S 26 09’ 05.9 E 26 09’ 30.4 NWK Beperk is ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (lisensienr. 44998) en ‘n geregistreerde kredietverskaffer (registrasienr. 2789) Tindrum 16/041