Graslander Uitgawe 3: Nampo | Page 10

TEGNIES KAN BLAARVOEDING NORMALE BEMESTING VERVANG: JA OF NEE? Emile Gerbrands van Noord-Wes Grow Teoreties kan blaarvoeding normale bemesting vervang maar dit is prakties onmoontlik en glad nie beskostigbaar nie. Blaarvoeding is nie ‘n vervanging van kunsmis nie - dit is slegs aanvullend tot ‘n bemestingsprogram. Beide programme is komplimenterend tot mekaar. B laarvoeding moet egter gebalanseerd wees. ‘n Gebalanseerde N.P.K mengsel met sy makro- en mikro-elemente wat in verskeie chemiese vorms in die produk ingebou is, het ook meestal die wydste spektrum van opneembaarheid en kan met sy komplekse verhoudings onder ‘n groter verskeidenheid van omstandighede suksesvol opgeneem word. Meestal kan ‘n goed gebalanseerde blaarvoeding ook in sproeibemestings- en drupbesproeiingsprogramme gebruik word. Tydens die vroeë jare sewentig het blaarvoeding tot sy volle reg gekom toe die alombekende Dr Jhona Fisher blaarvoedingtoedienings deur navorsing verfyn het. Tydens die navorsingsperiode het dit ook duidelik geword dat wanneer daar ‘n spesifieke tekort van ‘n sekere element voorkom, die betrokke element addisioneel by ‘n goed gebalanseerde blaarvoedingsproduk gevoeg moet word. Dit word daarom nie aanbeveel dat slegs ‘n enkelelement gespuit word nie, omdat daar waarskynlik te veel van ‘n sekere enkele element toegedien kan word. Spuit ‘n kombinasie van voedingselemente met ‘n aanvulling van die betrokke element benodig. Goed gebalanseerde blaarvoeding bevorder plantgesondheid, wat weer die produksiepotensiaal van die plant positief beïnvloed. Wanneer plantgesondheid benadeel word deur hael, te veel reën, windskade, koue, ensovoorts, kan die toediening van blaarvoeding die plant stimuleer om so gou moontlik te herstel. Foliar-Maxifert 7:2:5(35) met sy makro- en mikro-elemente wat in verkeie chemiese verbindings ontwikkel is, is so ‘n produk wat bowendien ook die eienskap besit om die water pH positief te beïnvloed, waardeur Foliar-Maxifert 7:2:5(35) beter deur die plant opgeneem kan word. Foliar-Maxifert hoef nie net vir graangewasse gebruik te word nie, maar kan ook vir oliesadegewasse en permanente gewasse soos pekanneute gebruik word. Die uniekheid van Foliar- Maxifert 7:2:5(35) moet nie onderskat word nie en die verbuiker sal groot baat vind by die gebruik hiervan. Kontak ons gerus by [email protected] of vir Emile Gerbrands by selfoonnommer 083 564 2244 vir meer inligting. Noord-Wes Grow is die verskaffers van die oorspronklike “Spiralizer” awegaar vir kunsmisbakke en is ook agente vir Greenlands kunsmis, Agricol saad, Foliar Maxifert en Grasland landboukalk. Kontak ons gerus by [email protected] vir u gewasproduksie behoeftes. Foliar Maxifert 7:2:5(35) Beskikbaar by: Landbousentrums en Erkende handelaars www.noordwesgrow.co.za 8 Graslander Maart 2017