Graslander Uitgawe 2: Somer | Page 9

VA met Willie Haarhoff & Willie is ‘n produsent in die Dealesville-gebied. V. Watter boerderyvertakkings is in u boerderybedryf? A. Dit is ’n gemengde boerdery met ’n veekomponent, ’n melkery en aanplantings van mielies. V. Hoeveel gaan u stroop hierdie seisoen, gegewe die moeilike omstandighede? A. Die verwagting is om gemiddeld 5 tot 5.5 ton per hektaar te stroop. Daar is areas waar die stand benadeel was deur ’n swaer bui reën, maar dis nie so beduidend nie. ALGEMEEN Grasland-ontbyt vir verteenwoordigers GRASLAND was die gasheer by ’n sake-ontbyt by Rio Casino in Augustus, waar insigte en strategieë gedeel is met verteenwoordigers wat die maatskappy se produkte en dienste bemark. Grasland se BD, Etienne Schoeman, het gesê dat die interaksie belangrik was: “Ons sal die terugvoering hieruit evalueer en ons hoop om soortgelyke geleenthede aan te bied in die toekoms.” Etienne het ook Grasland se spesiale aanbieding op kalk aangekondig, wat pryse van twee jaar gelede reflekteer. “Die mark is uiters pryssensitief en die moeilike klimaats­ omstandighede maak dit selfs moeiliker vir produsente om in beter opbrengsproduksie te belê.” Vir volle besonderhede van die spesiale aanbieding en betalings­plan, besoek die Grasland webtuiste by www.grasland.co.za Grasland se Bemarkingsbestuurder, Esmond Coen, het ’n voorlegging gedoen oor die maatskappy se produkte en dienste en ’n interaktiewe besprekingsessie gelei. Die die gehoor het vrae gestel oor aspekte wat gewissel het van vervoer­koste tot die verhouding van die verskillende komponente waaruit die produkte saamgestel word. Grasland se BD, Etienne Schoeman, aan die woord tydens die ontbyt. Sidi Parani se dr Chris Schmidt het ’n voorlegging gedoen oor P-riglyne vir mielies, wat beskikbaar is op die Fertasa webtuiste by http://www.fertasa.co.za V. Watter praktyke volg u met die verbouing van die mielies? A. Die lande word gereeld chemies gekarteer om te bepaal wat die voedingstatus van die grond is. Daarvolgens word bepaal watter voedingselemente benodig word, wat dan aangevul word met bemesting. Die pH-status word ook bepaal en daarvolgens word die kalkbehoefte vasgestel. Die kalk word variërend toegedien volgens die voorskrifkaarte. Fertasa stempel van goedkeuring – gesertifiseerde geloofwaardigheid V. Hoekom word daar breedwerpig gestrooi as die konvensie dan toediening in die ry is? A. Ek het gevind die plant se wortelontwikkeling baie wyer is wanneer die hele profiel kunsmis bevat. Dit versprei wyer onder die oppervlak tussen die rye wat meebring dat meer voedingstowwe opgeneem kan word met die beskikbare vog oor die oppervlakte waar die plant staan Graslander Oktober 2016 7 A14835 ILIZER ASSOC RT d Co Conduc e of t ION OF SOU IAT FE V. Wat is u siening ten opsigte van die weglating van kalk wanneer omstandighede moeilik raak, soos na die afgelope moeilike seisoen? A. My siening is dat ek eerder ’n sakkie kunsmis se geld sal spaar om seker te maak ek bekalk voldoende. Ek beskou dit as ’n kardinale deel van ’n goeie bemestingsprogram asook om die pH-balans te herstel tot op vlakke wat voordelig is vir die opname van plantvoedingstowwe. Fertasa en sy lede is verbind tot die bevordering van volhoubare grondvrugbaarheid en verbeterde plantvoeding. ERN AFRICA TH V. Wat is u filosofie vir suksesvolle gewasverbouing? A. Ek gebruik sedert 1981 die oorlê-verbouingspraktyk. Die akkumulasie van water gedurende die seisoen in die grondprofiel bevoordeel die opvolgende aanplanting. Dit is beter om die vorige seisoen se reënval op te gaar, wat bydra tot die betrokke jaar se aanplantings. Die hoeveelheid akkumulasie varieer volgens die kleipersentasie van die grond. Sandgronde kan 25 % van die seisoen se reënval opgaar terwyl leemgrond tot 35 % opgaar. Fertasa – beskerm die volhoubare gebruik van kunsmis. Com r pliant Ce tifi ed Fertasa-lede is verbind tot: • ’n Gedragskode. • Standaarde deur ’n onafhanklike nakomingsbestuursliggaam geouditeer. • Gehalte produkte. • Toepaslike wetenskaplikgebaseerde aanbevelings. • Voortgesette onde