Graslander Uitgawe 2: Somer | Page 6

VOORUITSIG KLIMAATVOORUITSIGTE VANAF OKTOBER 2016 Ons kyk met afwagting en nuwe moed na die vooruitsigte vir die nuwe seisoen van 2016/17. D ie El Niño-toestande het die wyk geneem en ons almal kan doen met ’n beter vooruitsig van natter toestande na die moeilike afgelope paar jaar. Die vooruitsig is dat die La Niña-toestande sal versterk in die vroeë gedeelte van die lente en somer. In Grafiek 1 word die waarskynlikheidsordegrootte van die voorkoms van La Niña-, El Niño- en neutrale toestande aangedui oor tyd, vanaf Augustus 2016 tot April 2017. Die vooruitsigte vir die 2016/17 seisoen blyk beter te wees. Die moontlikheid van ENSO neutrale toestande verswak geleidelik met ’n moontlike draaipunt rondom Desember 2016. La Niña-toestande toon ’n stygende tendens met ’n moontlike draaipunt in Desember. Die La Niña-toestande het gewoonlik vir ons die vooruitsig van natter as normale toestande. Die verwagte temperature sal nader aan die normale gemiddelde temperature Grafiek 1: Grafiese vergelyking van ENSO 3.4 sone toestande Augustus 2016 wees met ’n sterk moontlikheid dat dit koeler as normaal kan wees. geneem moet word met die bemestingsbeplanning vir die seisoen. Deeglike beplanning rondom plantdatums moet gedoen word met die moontlikheid dat hitte-eenhede in die nuwe seisoen laer as normaal kan wees. Die hoër neerslae kan die uitwassing van stikstofdraende voedingstowwe meebring, wat in ag Produsente word aangeraai om dié weerstoestande in ag te neem in hul beplanning en tesame hiermee deeglike grondopnames of karterings te doen om te verseker dat hulle die beste kans staan op ’n beduidende oesopbrengs die komende seisoen. Saamgestel deur: Esmond Coen (Bemarking/Produkbestuurder). Grasland Ondernemings – Verskaffers van landbou- en voerkalk. Met erkenning aan die Wêreld Meteorologiese Organisasie, GFCSA en WNNR