Graslander Uitgawe 2: Somer | Page 4

HOOFSTORIE

GRONDSUURHEID IN RSA

VERSLEG VINNIG EN WESENLIK

Hierdie geldige , statisties betekenisvolle bevinding staan uit in ‘ n analise van die ontledingsresultate van meer as 100 000 Vrystaatse grondmonsters wat dr Koos Bornman van OMNIA met hul “ Omnia Nutrilogie ® se Chemtech™ grondmonsterdatabasis ” gedoen het en sluit in analises vir die periode 2000 tot 2015 .

Die 1997-inisiatief van Departement Landbou is destyds geloods om grondsuurheidsprobleme aan te spreek .

’ n Tydjie gelede het ek ’ n versoek tot dr Bornman gerig om te bepaal of daar moontlik ’ n versuringstendens oor tyd te bespeur is vanuit hul groot databasis . Hieronder volg sy verslag :
ONDERSOEK NA GRONDSUURHEIDSTENDENSE IN DIE VRYSTAAT ( 2000 TOT 2015 ) Dr Koos Bornman , OMNIA Algemene Bestuurder Strategiese Landboudienste
Omnia Nutrilogie ® se Chemtech™ grondmonster-databasis is geraadpleeg vir alle grondmonsters van 2000 tot 2015 . Bogrondse monsters ( 0 – 25 cm ) en ondergrondse monsters ( 25 – 60 cm ) is ingesluit , saam met meer as 100 000 monsters . Gemiddeld is sowat 13 bogrondmonsters geneem vir elke ondergrondmonster .
Die mediaanwaarde van elke jaar is bereken vir die grond-pH ( gemeet in kaliumchloriedoplossing ( KCl ))
asook vir die ekstraheerbare suurheid ( absolute waarde in centimol positiewe lading per kilogram grond , ook geëkstraheer met kaliumchloriedoplossing ).
Die volgende feite het na vore gekom : Die gemiddelde bogrondse pH-waarde het vanaf 2000 tot 2015 met nagenoeg 0.2 pH-eenhede gedaal vanaf ’ n reeds kritiese waarde van 4.4 .
Die ekstraheerbare suurheidswaarde het feitlik verdubbel in die bogrond en met 92 % toegeneem .
Die ondergrondse pH ( KCl ) het verlaag vanaf ’ n reeds ontstellende 4.25 na 4.15 .
Die ondergrond-ekstraheerbare suurwaarde het met 37 % toegeneem .
Verskeie redes kan geld , soos onder andere meer oneffektiewe bekalking , maar hoër aanwending van stikstofbemesting , gedryf deur hoër realise rende opbrengste , speel addisioneel óók ’ n beduidende rol . Voorplanttoediening van groot eenmalige hoeveelhede stikstof in gereduseerde vorm , soos veral ureum , verlaag effektiwiteit van plantopname , wat aanleiding gee tot residuele stikstof wat oksideer word tot salpetersuur en ondergrondse versuring aanhelp .
Die afleiding uit bogenoemde feite is dat as verwys word na mediaanwaardes , ’ n hektaar ( tot 60 cm diepte ) met die ekwivalent van sowat 2.1 ton kalk ( 70 % kalsiumkarbonaat- ekwivalent ) addisioneel versuur het sedert 2000 .
Duur kalkvereistes is vanselfsprekend , maar gevolglike opbrengsverliese moet ook geag word . Regstelling van ondergrondse suurheid in sandgronde is prakties kompleks en duur . Sou daarin geslaag word om die kalk in die ondergrond te plaas , sou steeds nagenoeg 3 ton kwaliteit kalk vereis word net om dit tot by ’ n pH van 4.5 ( KCl ) te bring . Met betrekking tot die berekende mediaanwaarde , is dit waarskynlik so dat die benutting van ondergrondse vog deur wortels totaal geëlimineer sal word deur ondergrondse suurheid .
Die verklaarde kommer oor grondsuurheid in die laat negentigs het duidelik toegeneem en oordeelkundige , effektiewe bestuur van bekalking , asook stikstofbemesting , is nou belangriker as ooit .
Verwysing : BORNMAN , J . J ., 1999 . The economy of liming . Proceedings of the soil acidity in agricultural production symposium of the Fertiliser Society of South Africa . Pretoria ( July ). 10-26 .
OPMERKINGS : Die ingesteldheid by boere om gewoon te bemes , sonder duidelike bepalings van hul grondsituasies , is oneffektief .
Die progressiewe versurende tendens in gronde wat reeds suur is , is uiters kommerwekkend en kan gronde tot ’ n punt neem waar regstellende aksies bykans onhaalbaar is .
Die behoefte aan kalk in suur gronde het wesenlike finansiële implikasies en is ’ n onvermydelike fokuspunt vir produsente wat nie verder uitgestel kan word nie .
Ondergrond-suurheid lei ook tot alumi niumtoksisiteit wat wortelontwikkeling beperk .
Grondanalises staan sentraal by innoverende boere en presisieboerdery is amper die norm in moderne saaiboerdery . Korrekte bemesting en korrekte bekalking is deurslaggewende inisiatiewe vir suksesvolle produksie .
’ n Bondige historiese grondsuurheidverslag vir spesifieke gebiede in die somerreëngebied vanuit 1997 is beskikbaar en kan per e-pos aangestuur word .
MC Fourie ( B . Sc . Agric ( Hons ), B . Inst . Agrar ( Hons ), MDP )) Vir verdere inligting kontak hom by mccfourie @ telkomsa . net of 082 823 0198

2 Graslander Oktober 2016