Graslander Uitgawe 2: Somer | Page 3

WELKOM Inhoud CONTENTS Welkom p.1 Grondsuurheid in RSA versleg vinnig en wesenlik p.2 Die kleimineraal is noodsaaklik vir lewe op aarde p.3 Klimaatvooruitsigte vanaf Oktober 2016 p.4 Precision farming monitoring – the use of drones, sensors and smart sampling p.5 Fertasa symposium emphasises importance of soil monitoring p.6 Vraag & Antwoord p.7 Grasland-ontbyt vir verteenwoordigers p.7 Beter opbrengs benodig beter beplanning en insig p.8 BELANGRIKHEID VAN WATER, KLEI EN DIE TOEKOMS D ankie vir die terugvoering en positiewe reaksie wat ontvang is op die intree-uitgawe van Graslander in Maart. Ek kan met trots sê dat die mark, sowel as adverteerders, uitstekend gereageer het, wat dan ook aanleiding hiertoe gee - die volgende uitgawe van ons bedryfspubli­ kasie oor grondbestuur en kunsmistoediening. Weerkundiges het die begin van ’n La Niña-episode voorspel wat, indien hulle korrek is, beteken dat ons reg kan maak vir ’n nat somer. Na die ergste droogte in dekades klink dit soos manna uit die hemel maar onthou, grondvoorbereiding en analisering is krities om te verseker dat jou lande in staat sal wees om vog te benut. Graslander het Fertasa se simposium oor grondvrugbaarheid en plantvoeding bygewoon en Adam Mostert, Fertasa HUB, het met ons gepraat oor die belang­ rikheid van die simposium teen die agtergrond van die droogte. Lees meer hieroor op bladsy 6. Ons ontdek verder op bladsy 3 waarom klei ’n essensiële element in die lewensiklus is. Kunsmiskenner MC Fourie glo dat grondsuurheid vinnig agteruitgaan in Suid-Afrika en verduidelik op bladsy 2 waarom meer landboukalk benodig word. Die toekoms snel ons tegemoet en Cobus Burger vertel op bladsy 5 waarom die gebruik van hommeltuie, sensore en verbeterde monsterneming, of sogenaamde smart sampling, oorweeg moet word om aan die voorpunt van tegnologie te bly. Ons deel ook uitstekende afslagte en betalingsopsies, pasgemaak vir die produsent, soos afgekondig tydens ons eerste besigheidsontbyt by Rio Casino in Augustus. Lees meer hieroor op bladsy 7. Sterkte! Sien jou gou weer. Etienne Schoeman BD Grasland Graslander Oktober 2016 1