Graslander Uitgawe 2: Somer - Page 10

TEGNIES BETER OPBRENGS BENODIG BETER BEPLANNING EN INSIG Kom ons kyk weer na BASICS! S o dikwels vind ’n gesprek plaas waar die een buurman se opbrengs en bemestings- “resep” met die ander buurman s’n vergelyk word en waar verkrëe opbrengste nie aanvaarbaar is nie. Met alle erns wil daar dan verstaan word hoekom die buurman se resep dan beter gewerk het? So dikwels word ’n ander se kalkresep bespreek en ’n eie situasie word bevraag­ teken. Iets wat al deur en deur bewys is, is om die basics altyd as basis te hou en dat alle ander fancy goedjies addisioneel tot die basics toegevoeg kan word. Waar die basics egter vergeet word en daar te vinnig na fancy goed gespring word, is dit net ’n kwessie van tyd alvorens foute begin kop uitsteek. Tesame hiermee moet ’n produsent se toepaslike volledige grondontledings terdeë in ag geneem word om ’n waarskynlike unieke bemestings- en bekalkingsvoorstel te kan maak. In die ondersoeke na die “beste prestasie” vir ’n plant of gewas, eindig ons elke keer by die houtvatbeginsel, m.a.w. die wet van die minimum. Hierdie beginsel stel dit eenvoudig dat alle insette en faktore wat opbrengs bepaal, in verhouding of balans moet wees. Hierdie balans verwys egter glad nie na sommige oorsese leringe waar katione in balans moet wees nie. Hierdie beginsel verwys daarna dat die gewas alle insette en faktore nodig het om te presteer. Sodra daar egter een inset, soos byvoorbeeld K-voeding (bemesting en grondstatus), tekort­skiet, sal dit opbrengs nadelig beïnvloed. So kan enige inset ’n beperking wees, soos byvoorbeeld, te veel grondsuurheid, te min fosfaat, te min stikstof, te diep of te vlak geplant, te min of verkeerde gif, verdigting, swak saadkiemkragtigheid, ensovoorts. Voorbeelde van ’n proef wat aangeplant is op P-arm grond en waar verskillende P- en N-bemestingspeile toegedien is, word aangetoon. Die behoefte van die gewas aan sonskyn en die regte klimaat word ook nie buite rekening gelaat nie. Hiersonder sal daar beslis geen oes kan wees nie. Klimaat bly dus uiters belangrik ten opsigte van oes en enige nadelige afwykings sal in die opbrengs weerspieël word. Een van die basics wat in hierdie oorsig aangeraak word, is die nuwe P-bemestingsriglyne vir mielies wat onlangs (27 Julie 2016) tydens die jaarlikse Fertasa (vorige Misstofvereniging van Suid-Afri­ ka) simposium bekendgestel is. Daar is al vanaf 1996 gewerk aan verbeterde P-riglyne vir mielies. Hierdie projek het uiteindelik tot volle gestalte Figuur 1 dui die verskil aan tussen mielies wat geen bemesting ontvang het nie en mielises wat wel bemesting ontvang het op grond (droëland) wat bekalk is. In hierdie geval is N, P en K dus weerhou van die mielies wat geen bemesting ontvang het nie (links), terwyl die ander dit wel ontvang het (regs) tydens aanplanting. 8 Graslander Oktober 2016 gekom toe die beginsels van die LNR-Instituut Graangewasse gedurende 2003 gepubliseer is as ’n PhD-studie deur Chris Schmidt en dit gedurende 2015/16 in die nuwe Bemestingshandleiding van Fertasa deur drs. Chris Schmidt en Erik Adriaanse ingeskryf is. Die vorige P-riglyn het verskeie tekorte vervat, soos die feit dat die klei-inhoud van gronde nie sterk in ag geneem is nie, grondmonsters van verskillende monsternemingsdieptes is saamgevoeg in berekeninge en laastens is proewe waar kunsmis gebandplaas en breedwerpig uitgestrooi is, saamgevoeg, sonder om ’n onderskeid te maak (ook ten opsigte van grondmonsternemingstegniek). Met die opstel van die nuwe benadering is gevind dat gronde se optimum P-waardes vir mielieverbouing verskil deurdat sandgronde baie hoër drempelwaardes het (bv. 35-40 mg/kg in die bo-grond) teenoor swaar kleigronde (bv. 16-20 mg/kg in die bo-grond). Die groot onderskeid is dus dat die nuwe riglyn gronde onderskei in terme van verskillende hoeveelhede P wat toegedien behoort te word, aan die hand van die grond se slik-plus-klei-inhoud. Die beginsel word in meegaande Tabel 1 verduidelik. Die doel van Tabel 1 is dus om die grond-P-waarde, vanaf die grondontleding, met die konsentrasie In Figuur 2 word die effek van geen P-bemesting en 40 kg/ha N-bemesting uitgebeeld. Ten spyte van al die N, is P tot so ‘n mate beperk dat die mie­ lies nog steeds lyk soos mielies wat geen bemesting ontvang het nie.