Graslander Uitgawe 1: Nampo | Page 5

HOOFSTORIE grondvrugbaarheid beperk. Wat is die effek van pH op die beskikbaarheid van toegediende fosfaatkunsmis? Fosfaatkunsmis is een van die duurste plantvoedingstowwe en die dinamika van hierdie element hou groot finansiële implikasies in vir die landbouprodusent. Figuur 1 (groen kurwe) toon dat fosfaat by beide hoë en lae pH-toestande minder opneembaar word. By hoë pH-grond verbind die fosfaat met kalsium (Ca) en die mineraal Apatiet word gevorm. By ‘n pH laer as 4 verbind fosfaat met yster en vorm die mineraal Strengiet, wat baie onoplosbaar is. By ‘n pH van tussen 4 en 5 verbind die fosfaat met aluminium en vorm die mineraal Varseciet, wat ook nie baie oplosbaar is nie. Beide Strengiet en Varesciet is bekende edelgesteentes en die fosfaat wat in die mineraal opgeneem is, is verlore as plantvoedsel. By ‘n pH hoër as 7 kan die fosfaat met kalsium verbind en ook ʼn redelik onoplosbare mineraal, Apatiet, vorm. Figuur 2 toon die persentasie van fosfaat aan wat verlore gaan by verskillende grond-pH’s. Die blou pyl toon die optimale pH aan waar die laagste persentasie fosfaat vasgelê word. Die tendens wat in figuur 2 gedemonstreer word, dui op die ekonomiese waarde wat ‘n goeie bekalkingsprogram op die winsgewende produksie van die grond het. Figuur 2: Relatiewe hoeveelheid fosfaat wat gefikseer word by verskillende grond-pH-waardes Belangrik Dit is belangrik om die regte hoeveelheid kalk toe te dien. Oorbekalking kan egter ook nadelige gevolge effekte hê, soos dat elemente soos sink, yster en selfs fosfor minder beskikbaar is vir die gewas. Sidi Parani doen presisie opnames en skryf dan voorskrifkaarte wat presies die regte hoeveelheid vir elke deel van die land aandui. Die ruimte van hierdie artikel is beperk en vir meer inligting en beter toeligting kan u u naaste Sidi Parani landboukundige gekontak word. Saamgestel deur: Carl Bierman. Bedryfshoof Landboukundige Dienste. Sidi Parani