Graslander Uitgawe 1: Nampo | Page 4

HOOFSTORIE DIE REGTE BEKALKINGSPROGRAM ONTSLUIT GRONDVRUGBAARHEID Die pH van grond gee sommer baie meer inligting oor die grond en die toestand daarvan as wat met die eerste oogopslag verwag word. D ie pH is ‘n skaal van 1 tot 14 en is die omgekeerde logaritme van die waterstof (H+) ioonkonsentrasie. Hoe laer die pH hoe suurder die grond. ‘n pH 7 is neutraal en bokant 7 dui op ‘n alkaliese toestand. ‘n Alkaliese toestand dui weer op ‘n oormaat van OH-ione. Die norme wat wêreldwyd gebruik word is as volg: Uiters suur: < as 4.5; suurlemoen = 2.5 ; asyn = 3 Baie suur: 4.5 – 5.0; bier = 4.5- 5.0; tamatie = 4.5 Sterk suur: 5.1- 5.5; wortels = 5.0; aspersies = 5.5 Matig suur: 5.6- 6.0; aartappels = 5.6 Effens suur: 6.1- 7.3; beesmelk = 6.5 Neutraal : 6.6- 7.3; speeksel = 6.6- 7.3; bloed = 7.3 Effens alkalies: 7.5- 7.8; hoendereiers = 7.6 – 7.8 Matig alkalies: 7.9 – 8.4; seewater = 8.2 Sterk alkalies: 8.5 – 9.0; boraks = 9.0 Baie sterk alkalies: > 9.1; ammoniak = 11.1 Die pH hierbo is in gedistilleerde water (H2O) gemeet. Die pH van grond word ook dikwels in ‘n oplossing van kaliumchloried (KCl) gemeet en dié waarde is gemiddeld 0,8 laer as die pH gemeet in water. Waar daar nie duidelik na pH (KCl) verwys word nie, word aangeneem dat daar verwys word na pH in water gemeet. Grond-pH se invloed op die beskikbaarheid van voedingselemente in die grond. Daar is sewentien noodsaaklike voedingselemente vir plante en veertien van hierdie elemente word deur die grond opgeneem. Die pH van die grond sal dus ‘n baie groot invloed op die beskikbaarheid van hierdie plantvoedingselemente hê. Figuur 1 toon die optimum beskikbaarheid van die plantvoedingselemente by verskillende pH’s. Dit is belangrik om te onthou dat hierdie slegs ‘n 4 Graslander Maart 2016 algemene riglyn is. Daar is plante soos azalias, rhododendrons en konifere wat ‘n baie sterk verdraagsaamheid vir suurgrond toon en ook ‘n weerstand teen aluminiumtoksisiteit het. In alkaliese gronde is daar weer die probleem dat elemente soos yster, koper, mangaan en boor minder oplosbaar word. Figuur 1: Skematiese voorstelling van die opneembaarheid van elemente deur plante by verskillende grond-pH-waardes. Fosfor, wat een van die belangrikste plantvoedingselemente is, kan by ‘n pH van ± 6.5 maklik deur die plant opgeneem word. As die pH daal tot 5 sal die plante fosfaattekorte ondervind weens die onoplosbare toestand van fosfor by hierdie lae pH. Dit beteken dat ‘n boer tevergeefs fosfaatkunsmis toedien as die pH te laag is en die toegediende fosfaat nie opneembaar is nie. Wanneer die pH van grond weer te hoog styg (pH bokant 8), is die Foto 1 toon die effek van uiterste suur toestande in die fosfaat ook minder beskikbaar ondergrond wat tot gevolg het dat aluminium toksies word vir plante omdat die fosfaat en die mieliewortels nie in die ondergrond kan inkom nie. beweeg van monokalsiumfosfaat Die oespotensiaal is gevolglik erg geknou. na dikalsiumfosfaat en trikalsiumfosfaat wat onderskeidelik water