Graslander Uitgawe 1: Nampo | Page 10

TEGNIES ONDERGRONDSUURHEID Die voorkoms van ondergrondsuurheid word gewoonlik verwag in gebiede waar hoë reënval voorkom. Dié verskynsel kan natuurlik voorkom in die hoë reënvalgebiede of kan ontstaan deur onoordeelkundige of oormatige stikstofbemesting van die grond en die moontlike versuim om die bogrond aar word toenemend bevind deur adviseurs dat ondergrondgereeld te bekalk. D suurheid meer begin voorkom in die laer reënvalgebiede en gaan gewoonlik gepaard met die praktyk van stikstoftoediening voor plant. Die plasing van die stikstofbemesting is gewoonlik dieper as waar die bekalking plaasvind. Op die gronde waar ondergrondsuurheid waargeneem word, moet die kalk dieper ingewerk word om die grondsuurheid te neutraliseer aangesien die neutralisasie baie stadig vanaf die bogrond na die ondergrond oorgedra word. Die dieper plasing van kalk waar ondergrondsuurheid voorkom is ‘n duur proses wat met gespesialiseerde of aangepaste toerusting gedoen moet word. Die hoë koste van die bepaalde aksie en die ongereelde bekalking van die bogrond veroorsaak dat die probleem van ondergrondsuurheid vererger, wat negatiewe gevolge het op die produksie van die gewasse. Die grondprofiel se diepte word vlakker as gevolg van die chemiese beperking vir die plantwortel, wat tot gevolg het dat vog in die ondergrond nie benut kan word nie. 'n Geleidelike verlaging in opbrengs kan voorkom indien dit nie aangespreek word nie. ‘n Gips- en kalkkombinasie kan toegedien word om die neutralisasie van ondergrondsuurheid te bespoedig. Die toediening daarvan moet met omsigtigheid geskied omdat daar loging van magnesium en kalium vanuit die bogrond na die ondergrond kan plaasvind in lae-kleipersentasiegronde. Die moontlike loging van die elemente word veroorsaak deur die verhoging in die vlak van oplosbare kalsium in die grond met die toediening van gips. Dit is raadsaam om dolomitiese kalk met die gips te meng om die loging van magnesium teen te werk. Die dolomitiese kalk bevat magnesium en met die loging wat kan plaasvind, word die bogrond nie benadeel nie. Grasland se innoverende produkreeks bevat ‘n produk wat juis hierdie probleem aanspreek. Die produk, GrassTop20, is spesifiek ontwikkel om die probleem op ‘n ekonomiese wyse op te los en aan te spreek. Gips en dolomitiese kalk word in ‘n 20:80 verhouding gemeng, wat die produk veiliger maak ten opsigte van ‘n gipstoediening en die risiko’s daaraan verbonde. Die swael wat deel is van die gipsverbinding wat toegedien word, bevoordeel die plante se fosfaatopname in lae swaelbevattende gronde. Die aanvraag vir die produk het drasties toegeneem die afgelope twee jaar en baie bevredigende resultate is deur kliënte, landboukundiges en verteenwoordigers gerapporteer. Skakel Grasland gerus met u behoeftes vir kwaliteit produkte en professionele diens. Saamgestel deur: Esmond Coen (Bemarking/Produkbestuurder). Grasland Ondernemings – Verskaffers van lanbou- en voerkalk. 10 Graslander Maart 2016